ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hierdie foto van die Louis Trichardt man se bakkie en vrag skape is deur ‘n 72-jarige diereliefhebber by ‘n N1-vulstasie onderweg vanaf Pretoria na Louis Trichardt geneem. ‘n Reeks foto’s is deur die persoon geneem en op die Limpopo SPCA se WhatsApp-groep geplaas. Dit het aanleiding gegee tot die klagte teen die man.

DBV sê dit is beslis dieremishandeling

Date: 24 March 2019 By: Andries van Zyl

Die Louis Trichardt Dierebeskermingsvereniging (DBV) het hulself tot die hof gewend en hoop vir die suksesvolle vervolging van ‘n Louis Trichardt inwoner wat volgens hulle homself skuldig gemaak het aan ernstige dieremishandeling.

Die 62-jarige man het verlede week in die hof op Louis Trichardt verskyn ingevolge die Dierebeskermingswet, Wet 71 van 1962. Hy is nie gevra om te pleit nie en sy saak is uitgestel tot 5 April.

Die klagte teen die man hou verband met die “onmenslike” vervoer van tientalle skape op ‘n oop bakkie van Pretoria tot in Louis Trichardt. Die voorval het op 12 Desember 2018 plaasgevind.

Die Louis Trichardt DBV se inspekteur Lawrence Khodobo het in ‘n beëdigde verklaring gesê dat hy die betrokke dag via die Limpopo SPCA se WhatsApp-groep ingelig is van iemand wat met ‘n oorlaaide vrag skape op ‘n bakkie vanaf Pretoria na Louis Trichardt op pad was. “Sommige van die skape se koppe en bene het oor die kant van die bakkie deur die reëlings uitgehang. Foto’s van die skape is deurgestuur waar hulle bo-op mekaar trap en sommige se nekke het teen die reëlings gedruk in ‘n wurgposisie,” het Khodobo gesê. ‘n Dag later, op 13 Desember, het hulle die eienaar van die bakkie opgespoor en kort daarna het Khodobo na die man se kleinhoewe buite die dorp gery om die betrokke vrag skape te gaan inspekteer. Daar aangekom, het Khodobo gesê, het hulle 39 skape gevind en geïnspekteer.

Alhoewel Khodobo in sy beëdigde verklaring sê dat hy met die eerste oogopslag niks verkeerd kon sien met die skape tydens sy besoek aan die kleinhoewe nie, hulle wel voortgegaan het om die man aan te kla vir die onmenslike vervoer van die skape.

Die man word derhalwe daarvan beskuldig, ingevolge bogenoemde wetgewing, dat hy die skape onnodige lyding veroorsaak het deur sy voertuig te oorlaai. Verder word hy daarvan beskuldig dat hy die diere onnodiglik in ‘n onvoldoende spasie aangehou het op ‘n manier wat hulle ook onnodige lyding veroorsaak het.

Plaaslike DBV bestuurslid Alicia Thomas het ná afloop van die man se hofverskyning gesê dat, ongeag die uitkoms van die saak, mense moet begin besef hulle kan nie net meer wegkom met dieremishandeling nie.

 

 
 
 

Viewed: 1544

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT