ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle mnr. Piet van der Merwe (62). Foto verskaf.

Bekende Piet van der Merwe skielik oorlede

Date: 28 February 2019 By: 

Inwoners van Louis Trichardt en omstreke het met hartseer kennis geneem van die dood van die welbekende mnr. Piet van der Merwe. Hy is Dinsdag, 19 Februarie, in die ouderdom van 62 jaar oorlede.

Wyle Piet is op 18 Julie 1956 in die Louis Trichardt Gedenkhospitaal gebore as die jongste seun van Ben en Susan van der Merwe. Hy het sy skoolloopbaan aan Laer- en Hoërskool Louis Trichardt voltooi. Ná voltooiing van sy skoolloopbaan val Piet in by die familiebesigheid, die bekende Van der Merwe Saagmeule.

Piet is op 15 Julie 1978 getroud met Tienie Herbst en twee dogters is uit die huwelik gebore.

Piet verlaat later die familiebesigheid en open sy eie besigheid, PT Pale, met Tienie aan sy sy. Terselfdertyd leef Piet sy liefde vir die grond en boerdery uit op plaas Welgevonden op die Levubu pad. Hy het die plaas in ‘n lushof omskep. Hier verwerf hy bekendheid vir die pragtige kool en tamaties wat hy produseer, terwyl hy nog sy bloekomplantasies ook behartig. Piet en Tienie verkoop later jare hul grond in die Welgevonden-vallei en vestig hulle op Rondebosch, waar hy sy wild ten volle kan geniet.

Op Donderdag, 14 Februarie, het Piet ‘n vyf-aar hartomleiding operasie in die Unitas Hospitaal in Pretoria ondergaan. Hy word uit die intensiewe-eenheid ontslaan, maar sterf skielik op 19 Februarie aan natuurlike oorsake.

‘n Roudiens vir wyle Piet is op 26 Februarie te Rondebosch gehou. “Die impak wat hy op mense gehad het in sy lewe was duidelik sigbaar deur die groot getal vriende en familie wat die diens bygewoon het,” het die familie gesê.

Piet word oorleef deur sy vrou Tienie, dogters Marina en Lezaan, Alicia Bezuidenhout, skoonseun Flip Joubert, kleinseun Reinhard en sy broers Neels, Willem en Ben. Die familie het almal bedank vir hul ondersteuning, boodskappe en besoeke. “Dit word opreg waardeer,” het die familie gesê.

 
 
 

Viewed: 1099

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT