ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die mini-substasie op die hoek van Vorster- en Munnikstraat, waar diewe die kabel geknip het. Foto verskaf.  

Kabeldief vir brandwonde behandel en gearresteer

Date: 25 January 2019 By: Andries van Zyl

Dele van Louis Trichardt en omstreke gaan sedert laat Dinsdagmiddag gebuk onder kroniese kragonderbrekings.

‘n Plaaslike WhatsApp-groep het Woensdag aangekondig dat die kragonderbreking wat die dorp vroeër die oggend getref het, veroorsaak is deur kabeldiefstal by ‘n mini-substasie op die hoek van Vorster- en Munnikstraat.

Munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi het later by navraag bevestig dat Woensdag se kragonderbreking wel veroorsaak is deur kabeldiefstal by die genoemde mini-substasie. Volgens Bobodi het die aanvanklike onderbreking ongeveer 01:00 plaasgevind toe diewe die kabel geknip het. “Een verdagtes het ernstige brandwonde opgedoen,” het Bobodi gesê.

Bobodi sê die voorval is by die polisie aangemeld, wat die verdagte in hegtenis geneem het. “Ons het die probleem geïsoleer en is bykans klaar met die herstelwerk,” het Bobodi teen middagete Woensdag gesê. Teen daardie tyd het hulle ook eerste-fase kragvoorsiening herstel.

Plaaslike polisiewoordvoerder konstabel Irene Radzilani het Woensdagmiddag bevestig dat ‘n 24-jarige buitelandse burger in aanhouding is. Sy het egter ontken dat hy onder polisiebewaking in die Louis Trichardt Gedenkhospitaal was. “Ons het hom in hegtenis geneem nadat hy behandeling vir sy brandwonde ontvang het,” het Radzilani gesê. Sy het bygevoeg dat hulle nog moet bepaal hoeveel verdagtes by die diefstal betrokke was.

Teen druktyd moes die man nog voor ‘n hof verskyn. “Ons gaan die man aankla van die peuter met, beskadiging en vernietiging van noodsaaklike infrastruktuur,” het Radzilane gesê.

 

 
 
 

Viewed: 613

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT