ADVERTISEMENT:

 

 
 

‘n Lid van die Makhado Brandweer koel die oorblywende gasbottels met water af om te verhoed dat verdere ontploffings plaasvind.

Vrou ernstig beseer na gasbottel ontplof

Date: 15 November 2018 By: Andries van Zyl

‘n Geweldige ontploffing het kort na 13:00 Louis Trichardt se industriële area geruk, nadat ‘n gasbottel by Gasarc in Kortstraat ontplof het.

Een persoon is tydens die ontploffing ernstig beseer. Dit is nie seker wat presies gebeur het nie, maar volgens omstanders was die personeel klaarblyklik besig om gasbottels vanaf ‘n vragmotor te laai toe die ontploffing plaasgevind het. ‘n Veld het klaarblyklik op die erf direk langs die besigheid ten tye van die ontploffing gebrand.

Die erg beseerde personeellid, ‘n vrou, is dadelik deurgejaag hospitaal toe. Intussen het die plaaslike brandweer op die toneel opgedaag om die vlamme onder beheer te kry en verdere ontploffings te vermy. Ernstige strukturele skade is aan die gebou waar die besigheid geleë is aangerig.

 
 
 

Viewed: 1847

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

‘n Lid van die Makhado Brandweer koel die oorblywende gasbottels met water af om te verhoed dat verdere ontploffings plaasvind.

Oorblyfsels van die bottel wat ontplof het.

Strukturele skade aan die binnekant van die gebou.

Strukturele skade aan die buitekant van die gebou.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT