ADVERTISEMENT:

 

 
 

‘n Onlangse foto van wyle Wessie van der Westhuizen, afgeneem saam met sy broer Seun. Foto verskaf.

“Motorfiets-Wessie” in Schweizer Reneke oorlede

Date: 15 November 2018 By: Andries van Zyl

Die nuus van die dood van die 55-jarige Wessie van der Westhuizen het vir baie in Louis Trichardt en omstreke die afgelope week as groot skok gekom.

Wessie, wat veral bekend was in plaaslike motorfietsgeledere, is Maandag, 5 November, in Schweizer Reneke oorlede. Volgens sy dogter, Ilse, het haar pa se gesondheid die afgelope twee jaar geweldig agteruit gegaan en was hy basies gehospitaliseer. Dit was juis as gevolg van sy gesondheid dat sy broer, Seun, van Schweizer Reneke sedert Junie vanjaar vir hom begin sorg het met die hulp van sy skoonsus Mientjie en suster Annetjie.

Wessie was ‘n bekende gesig in Louis Trichardt en het ‘n passie gehad vir motorfietse en derhalwe ook vir jare sy eie motorfietswinkel bedryf. In Januarie 1991 het die noodlot hom getref toe hy, op 28-jarige ouderdom, in ‘n ernstige motorfietsongeluk betrokke was wat hom vir die res van sy lewe in ‘n rolstoel sou laat. Die ongeluk het net buite Louis Trichardt op die Thohoyandou-pad plaasgevind.

Wessie het egter gou vir inwoners gewys dat die rolstoel hom geensins sou terughou nie. Hy het voluit gelewe en voluit aanhou werk. Sy besigheid, Awol Motorfietse, het eers in Januarie vanjaar gesluit vanweë sy gesondheid. Sy ongeluk het hom ook glad nie laat afsien van sy liefde vir motorfietse nie. Inteendeel, hy het vir homself ‘n “monster” driewielmotorfiets gebou en was baie lief om gereeld daarmee te ry. “Die driewiel is nou sy broer s’n, maar hy het hom gehou tot op die einde,” het Ilse gesê.

‘n Roudiens vir wyle Wessie is Saterdag, 10 November, vanuit die NG Kerk op Schweizer Reneke gehou. Hy word oorleef deur sy dogter Ilse, seun Eric, broer Seun, skoonsus Mientjie, suster Annetjie en familie.

Die familie het hulle dank uitgespreek teenoor almal wat hulle ondersteun het gedurende Wessie se siekte en afsterwe. “Dankie vir al die boodskappe en woorde van vertroosting,” het die familie gesê.

 

 
 
 

Viewed: 2297

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT