ADVERTISEMENT:

 

 
 

Lede van die Makhado polisie besig met hul forensiese ondersoek op die toneel waar twee vermeende gewapende rowers Dinsdagmiddag aangekeer is.

Vermeende gewapende rowers in middedorp vasgetrek

Date: 25 September 2018 By: Andries van Zyl

Twee vermeende gewapende rowers is ongeveer 12:00 vandag in Louis Trichardt se middedorp aangekeer tydens ‘n gesamentlike operasie deur die polisie en plaaslike veiligheidstrukture.

Met die situasie wat steeds ontvou, is daar nog geen amptelike verklaring oor die voorval nie. Die koerant kon wel deur nie-amptelike bronne vasstel dat inligting ontvang is dat die twee verdagtes ‘n string rooftogte beplan het.

Die mans is opgemerk en ná ‘n kort jaagtog reg voor die Haantjiekerk in Erasmusstraat van die pad gedwing, waarna hulle gearresteer is. Volgens onbevestigde inligting is twee vuurwapens in die verdagtes se voertuig, ‘n luukse Mercedes Benz met GP-registrasienommer, gevind.

Die Zoutpansberger sal lesers op hoogte probeer hou van verwikkelinge sodra ‘n amptelike polisieverklaring ontvang word.

 

 
 
 

Viewed: 1831

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT