ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle mnr. Stefan “Bossie” Boshoff (71). Foto verskaf.

Bossie se skielike dood kom as groot skok

Date: 21 September 2018 By: Andries van Zyl

Inwoners van die Soutpansberg het Maandagmiddag met groot hartseer gereageer op die skoknuus dat die welbekende mnr. Stefan “Bossie” Boshoff (71) sy eie lewe geneem het.

“Ek weet regtig nie wat daartoe aanleiding gegee het nie. Hy was daardie oggend nog by my en ons het lekker gesels,” het wyle Stefan se ouer broer, George (ook bekend as Bossie), Woensdag aan die Zoutpansberger gesê.

Wyle Stefan is op 21 Augustus 1947 in Kenia gebore. Sy familie sou later na Suid-Afrika verhuis, met Stefan wat sy skoolloopbaan by Hoërskool Louis Trichardt voltooi het.

“Hy het vir jare by Venetia Myn gewerk waar hy aanvanklik as passer en draaier begin het en hom later opgewerk het tot omgewingsbeampte. In daardie tyd het hy in Musina gebly en was hy dus ook daar welbekend,” het George gesê.

Ná sy aftrede het Stefan hom op Louis Trichardt gevestig, waar hy homself as nutsman besig gehou het. “Inwoners van Louis Trichardt sal hom meestal hiervoor onthou,” het George gesê.

Al twee Stefan se kinders, seun Stefan en dogter Adele Prinsloo, bly tans in Australië. “Hy het pas van ‘n ses maande vakansie by hulle terug gekeer,” het George gesê.

Wyle Stefan se begrafnisdiens vind volgende Woensdag, 26 September, om 11:00 vanuit die AP Kerk in Louis Trichardt plaas. Hy word oorleef deur sy broer George, kinders Stefan (van Alice Springs in Australië) en Adele (van Perth in Australië), en kleinkinders Nicolene en Ewald.

 
 
 

Viewed: 2506

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT