ADVERTISEMENT:

 

 
 

'n Wonderwerk ... Heidi-Lene kon die afgelope week op eie stoom staan en selfs 'n paar treë loop met behulp van 'n loopraam. Foto verskaf.

Skaars was die ink droog of Heidi-Lene “loop” 

Date: 16 September 2018 By: Jo Robinson

“Die ink op die artikel oor Heidi-Lene is nog nie droog nie en kyk na hierdie wonderwerk. Sy loop!”

Dit was die woorde van Elze-Marie du Preez kort nadat die artikel van haar suster in verlede week se Zoutpansberger verskyn het. Tot voor dit was Elze-Marie bekommerd oor wat die toekoms sou bring, veral aangesien daar nie genoeg geld is nie in Heidi-Lene se hulpfonds om haar by die Lynnmed Kliniek (La Vie Care) in Pretoria te hou tot Desember, op aanbeveling van haar dokters. Hierdie “wonderwerk” beteken dat Heidi-Lene dalk nou vinniger sal kan herstel.

Heidi-Lene Jonck (23) het op 11 Maart in ‘n bootongeluk breinskade opgedoen en het nog steeds heelwat hulp nodig met alles. “Dit is so ‘n groot deurbraak,” sê Elze-Marie. “Nie net fisies nie, maar emosioneel en geestelik ook. Dankie, Jesus, vir alles!”

‘n Facebook-blad is vir Heide-Lene geskep, met video-grepe en nuus oor haar vordering. Die naam van die blad is Heidi-Lene Jonck By Faith You Will Walk Again. Die Tafelronde Zoutpansberg 66 administreer al die donasies wat ontvang is vir Heidi-Lene. Die rekeningbesonderhede, met verwysing Heidi-Lene, is Round Table 66, Eerste Nasionale Bank, rekeningnommer 528 668 32 804 en takkode 260149.

 
 
 

Viewed: 957

 

 
 

Jo Robinson

Jo joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2018 pursuing a career in journalism after many years of writing fiction and non-fiction for other sectors.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT