ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle mnr. Flippie Joubert (61). Foto verskaf.

Flippie Joubert oorlede

Date: 16 August 2018 By: Jo Robinson

Louis Trichardt neem hierdie week met hartseer afskeid van mnr. Flippie Joubert (61) wat vir baie jare 'n bekende gesig by Connie's Salon was. Hy is Maandag, 13 Augustus, in die vroeë oggendure in die Zoutpansberg Privaathospitaal oorlede.

Flippie is Saterdag opgeneem vir longontsteking. Sy dogters Laurine Venter en Liezl Kritzinger was Dinsdag nog in skok en baie hartseer te midde van ‘n partytjie vir een van Flippie se kleinkinders. “My pa was baie lief vir sy 10 kleinkinders en hulle vir hom. Hulle sal hom baie mis,” het Laurine gesê.

Baie mense in Louis Trichardt gaan vir Flippie mis. Hy was ‘n liefdevolle mens gewees, veral vir sy kliënte, die meeste van wie hy vir jare op sy hande gedra het.

Gebore op 15 November 1956, was Flippie vir meer as 40 jaar ‘n bekende gesig in die dorp. Hy het gereeld hare gesny by Ons Tuiste en lekker gekuier met die mense daar. “Dit was nie net hare sny nie. Dit was liefde,” het Laurine gesê.

“Ons mis hom alreeds verskriklik,” het albei van Flippie se dogters gesê. “As ‘n pa was hy baie streng, maar ook baie liefdevol.”

Flippie word oorleef deur sy dogters Laurine, Liezl en Leana, en sy seun, Louis Joubert. Almal wat hom geken het, is genooi na ‘n roudiens vir hom op Donderdag, 16 Augustus, by die Volle Evangelie Kerk in Rissikstraat.

 
 
 

Viewed: 2390

 

 
 

Jo Robinson

Jo joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2018 pursuing a career in journalism after many years of writing fiction and non-fiction for other sectors.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT