ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle tannie Ilse Ahrens. Foto verskaf.

Tannie Ilse Ahrens skielik oorlede

Date: 05 July 2018 By: Andries van Zyl

'n Jarelange inwoner van die Soutpansberg en bekende in plaaslike boerderygeledere, tannie Ilse Ahrens, is Donderdagoggend, 28 Junie, in die ouderdom van 78 jaar oorlede.

Tannie Ilse is aan huis van haar dogter, Erika, op Hendrina oorlede. Sy het sowat twee maande gelede vanaf die plaas Berghof na haar dogter verhuis, ná in ligte hartaanval. Op 22 Januarie vanjaar het tannie Ilse haar man, die bekende boer oom Pieter Ahrens, aan die dood afgestaan.

Die Ahrens-familie het hul dank uitgespreek teenoor almal vir hulle woorde van vertroosting met die nuus van hul ma en ouma se afsterwe. Wyle tannie Ilse word oorleef deur kinders Fritz en skoondogter Adéle, dogter Erika en skoonseun Lukie van der Merwe, seun Dieter en skoondogter Estelle en kleinkinders Hans-Peter, Fransiska, Heinrich en Conrad.

‘n Roudiens vir wyle tannie Ilse vind Maandag, 9 Julie, om 10:00 vanuit die Gereformeerde Kerk in Louis Trichardt plaas.

 
 
 

Viewed: 874

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT