ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die individuele pryswenners, wat die meeste kaartjies verkoop het vir die kaskarkompetisie was voor, van links na regs, Eminé Lee (Gr. 1Z - 26 boekies), Wynand Benade (Gr. 3 Y - 11 boekies), Chantelle van den Heever (Gr. 2X - 11 boekies) en Angelique Steyn (Gr. 1Z - vyf boekies). Agter is JP Janse van Rensburg (Gr. 6Z), Willem Schutte (Gr. 6Z), Mienke Burger (Gr. 3Z), Karli Hatting (Gr. 3Z) en Zuané Brooderyk (Gr. 3 Z). Hulle het almal vier boekies verkoop. Inlas: Shaun Beeton (Gr. 7Z) het ook vier boekies verkoop. Douglas Brown van Gr. 2Y wat 28 boekies verkoop het was afwesig tydens die neem van die foto.

Kaskarkompetisie se wenners bekend gemaak

Date: 08 June 2018 By: Isabel Venter

Ná ‘n lang wag is die prystrekking vir Laerskool Louis Trichardt se jaarlikse kaskarkompetisie die afgelope Dinsdag gehou.

Danksy die leerlinge en hulle ouers se poging is die pragtige bedrag van R235 000 ingesamel.

Hierdie jaar was die topklas wat die meeste geld ingesamel het per leerling die Graad 1 Z’e van juf. Luzelle Wahl. Die klas wen ‘n daguitstappie (in skooltyd nogal), terwyl hulle juffrou ‘n naweekwegbreek gewen het. Hulle het gemiddeld R641 per kind ingesamel.

Individuele kinders wat geskitter het met die boekieverkope het kontantpryse gewen. Die wenners was Douglas Brown wat 28 boekies verkoop het en R1 500 wen, Eminé Lee (26 boekies, 2de prys R1 000); Chantelle van den Heever en Wynand Benade verkoop elkeen 11 boekies en wen R750, Angelique Steyn (5 boekies, 5de plek R500), JP Janse van Rensburg, Willem Schutte, Mienke Burger, Carli Hattingh, Zuané Broodryk en Shaun Beeton verkoop elkeen vier boekies en wen R100 elk.

Hierdie jaar was Hanlie Wyers van Louis Trichardt die wenner van die eerste prys van die kaskarkompetisie se gelukkige trekking – ‘n Desember seevakansie by Ballito vir twee, met ‘n totale waarde van R15 000!

Die tweede prys, ‘n wegbreek by The Brown’s Luxury Guest Suites in Dullstroom ter waarde van R12 400 geborg deur mnr. en mev. Brown, is gewen deur Cobus Richter.

‘n Naweek-wegbreek vir 10 mense, insluitende die jag van ‘n wildebees, by die Sonskyn Lodge ter waarde van R7 000 is gewen deur Melitia (woonagtig in Andersonstraat). Dié prys is geborg deur mnr. Franz Bezuidenhout.

Die bergfiets wat Cycle Centre in Louis Trichardt geborg het, ter waarde van R2 200, is gewen deur C. Visser.

Len Lemmer van Louis Trichardt het ‘n paar Police-sonbrille ter waarde van R2 000 gewen wat deur Louis Trichardt SpecSavers geborg is. Die sesde prys, ‘n mikrogolfoond geborg deur Solly’s, is gewen deur Jessica Ras.  

Mazanzi Fire het ‘n noodhulptas geborg ter waarde van R1 000, wat gewen is deur Thinus van der Walt.

 
 
 

Viewed: 2452

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Tydens die prysuitdeling van hul jaarlikse kaskarkompetisie het Laerskool Louis Trichardt Dinsdag ook die mense bedank wat pryse geborg het vir die gelukkige trekkings. Afgeneem saam met die skoolhoof, mnr. Louis Linde, is van die borge, van links na regs, Franz Bezuidenhout, Bigboy Nefale, Liana Brown, Henna van Horsten, Michelle Prinsloo, Izelle Briers, Sonja Schutte en mnr. Linde.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT