ADVERTISEMENT:

 

 
 

Photo supplied.

Martin Bester en Tafelaars vat vanjaar hande om koue te help keer

Date: 07 June 2018 By: Andries van Zyl

Die manne van Tafelronde Zoutpansberg 66 in Louis Trichardt gaan vanjaar groot met die hou van hulle jaarlikse Winter Knights of Round Table-projek.

Luisteraars van Jacaranda FM het seker Woensdagoggend tydens die Good Morning Angels insetsel gehoor dat die bekende radio-omroeper en musikant Martin Bester Saterdagaand in Louis Trichardt sal optree. Sy optrede vorm nie net deel van die Kremetart Fietswedren se prysuitdeling nie, maar is ook deel van die Tafelronde se Winter Knights of Round Table-projek waartydens hulle jaarliks komberse insamel vir hulpbehoewende mense.

Bester het hom vanjaar bereid verklaar om saam met die manne van Tafelrondes regoor die land komberse in te samel as deel van sy Vir die liefde-toer. Die toer behels 12 optredes, die eerste wat Vrydagaand, 8 Junie, saam met die manne van Tafelronde Centurion gehou sal word.

“Louis Trichardt sal as gasheer optree vir Bester se tweede optrede van sy toer Saterdagaand, 9 Junie,” het plaaslike Tafelronde voorsitter Riaan Smit gesê. Hy het weer Bester se oproep tydens Good Morning Angels herhaal vir inwoners om sy konsert te ondersteun. “Toegang is gratis, maar ons wil tog vra dat mense ‘n kombers ‘betaal’ as ingang tydens Bester se konsert,” het Smit gesê.

Een van die eerste persone wat gevra het om van die dorp se hulpbehoewendes te help, was Marna Wepener wat saam met van haar vriende en vriendinne 40 komberse gevra het. Die komberse sal Sondagoggend aan haar oorhandig word en die Tafelronde het die publiek uitgenooi om na vore te kom indien hulle van nog mense weet wat komberse vir die winter benodig. Hulle is welkom om die Kremetart-potjie en Winter Knights sameroeper, Dirk, te skakel by tel. 082 8978807 of enige van die ander Tafelaars wat Saterdag daar gaan wees.

Bester se konsert begin om 20:30 op Hoërskool Louis Trichardt se hokkieveld oorkant die NG Kerk Soutpansberg. Die manne van Tafelronde 66 gaan die hele aand daar wees, aangesien hulle weer verantwoordelik is vir die gewilde potjiekosete wat nou al tradisie geword het tydens die Kremetart se prysuitdeling. “So, kom kuier lekker saam met ons,” het Smit genooi.

 
 
 

Viewed: 364

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT