ADVERTISEMENT:

 

 
 

Pita wag vir streekshofdatum

Date: 25 May 2018 By: Isabel Venter

Daar is nog geen beduidenswaardige vordering in die Staat se saak teen die 46-jarige Danie Pita van Louis Trichardt nie.

Pita het op Dinsdag, 24 April, weer vlugtig in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn. Hy is op 31 Augustus aangekeer deur die Valke, nadat daar militêre plofstof en ammunisie op ‘n sakeperseel van hom in Kortstraat, Louis Trichardt, gevind is. Die Valke het destyds te kenne gegee dat hulle op ‘n wenk gereageer het dat daar plofstof op dié perseel versteek word.

In totaal het die ondersoekspan beslag gelê op 552 R4-rondtes, een granaat, ses rookgranate, drie leë R1-magasyne en vyf potjiefakkels.

Pita is vyf dae ná sy arrestasie op 5 September vrygelaat op borg van R5 000. Buiten die  klag van die onwettige besit van plofstof en ‘n klag van die onwettige besit van ammunisie, is daar ook ‘n klag van die besit van ‘n onwettige vuurwapen teen Pita gebring. Laasgenoemde klag is ná die tyd deur die Staat teruggetrek, omdat die Valke nie op enige vuurwapens beslag gelê het nie.

Tydens Pita se laaste hofverskyning is sy saak uitgestel tot 14 Julie. Volgens die woordvoerder van die Valke in Limpopo, kapt. Matimba Maluleke, is die ondersoekspan klaar met hulle ondersoek teen Pita en wag hulle op ‘n datum van die Staat. Weens die ernstige aard van die klagte teen Pita sal sy saak oorgeplaas moet word na die streekhof.

 
 
 

Viewed: 607

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT