ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Guardian Angels-omgeegroepie van Hoërskool Louis Trichardt bestaan hierdie jaar uit, voor van links na regs, juf. Louis van Breda (opsigter), Anwyll Buys (tesourier), Chrisna Viviers (hoof van Graad 12), Claudine van Wyk (Graad 12-span), Lynique Kruger (Graad 11-span), Carel Senekal (hoof van Graad 11) en past. Jan Venter (stigter). Agter is Jerry Makananise (voorsitter), Ndivhuho Malimagovha (Graad 9-span), Blessing Semenya (Graad 10-span), Tia Mahlwele (hoof van Graad 10), Tshedza Khangale (hoof van Graad 8), Loandré Venter (Graad 8-span) en Hilde-Marie Roelofse (sekretaresse).

Triegies se Angels wil 'n verskil maak

Date: 19 April 2018 By: Isabel Venter

Dit was die Psalmskrywer, koning Dawid, wat jongmense aangeraai het om hulle lewens te rig na die Woord van God (Ps. 119:9). Hoërskool Louis Trichardt het juis só ‘n groep jongmense wat Christelike waardes uitleef deur ‘n daadwerklike en positiewe impak te maak onder mede-leerlinge. Hulle noem hulleself die Guardian Angels.

Dié omgeegroepie, onder leiding van plaaslike jeugpastoor Jan Venter en juf. Louise van Breda by die skool,  vier hierdie jaar sy elfde bestaansjaar.

Hulle uitsluitlike doel is om te “Waak en Werk” (soos voorgeskryf deur die Triegie leuse) vir die welsyn van skoliere. “Ons is passievol, en toegewyd aan ons skool se karakterprogram, Character for Life. Ons beoog om ‘n veldtog te loods waar ons die sewe karakterpunte, naamlik liefde, vertroue, eienaarskap, respek, takt, behoort en geloof, oordra na ons portuurgroep,” het past. Jan verduidelik. Dit doen die jong lede deur middel van fondsinsamelings, ondersteuningsgroepe, gebedsgroepe, youth bashes, veldtogte en ‘n voedingskema.

Deur die jaar reik die angels ook uit na die plaaslike gemeenskap.  Die groepie leef ook hulle waardes uit op multi-media platforms soos Facebook (@angelsHSLT) en Instagram (@gurdianangelshslt).

Elke jaar word nuwe belangstellende leerlinge in die groepie ingestem, nadat hulle geëvalueer is in ‘n onderhoud. ‘n Hoof van elke graad word ook aangewys wat verantwoordelikheid vat vir die graadgroep wat aan hul geallokeer is. 

Leerlinge wat betrokke raak kan steeds met een van die Angels by die skool kontak maak om meer uit te vind oor hoe hulle ‘n verskil kan maak.

Lede van die publiek kan natuurlik ook betrokke raak. Indien hulle enige ondersteuning wil bied of weet van ‘n verdienstelike saak of organisasie waarby die Guardian Angels kan uithelp, kan met past. Jan geskakel word by tel. 073 017 9349.

 
 
 

Viewed: 457

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT