ADVERTISEMENT:

 

 
 

Triegie-leerlinge wat toptoekennings ontvang het tydens die Departement van Basiese Onderwys se oostelike kring in die Soutpansbergdistrik se jaarlikse prysuitdeling is voor, van links na regs, Ronel Meiring, Ruzelle Nortjé, Catrien Dekker, Bernice Meiring, Dominique Nel en Michaela Giflillan In die middel is Precious Ramabulana. Agter is Tiny Rademeyer, Sungu Khosa, Leandri de Jager, Louise Dekker, Hanco Kok, Eliz-Mari Pretorius en Divan van Zyl.  Foto verskaf.

Triegies beloon as een van distrik se top skole

Date: 11 March 2018 By: Isabel Venter

Hoërskool Louis Trichardt se leerlinge en onderwysers het verlede week die vrugte gepluk van hul harde werk tydens die onderwysdepartement se jaarlikse toekennings vir uitmuntendheid.

Die Departement van Basiese Onderwys se oostelike kring in die Soutpansbergdistrik het verlede Vrydag in Louis Trichardt hul toekennings gemaak om skole, leerlinge en onderwysers te beloon vir hulle harde werk in die 2017 skooljaar.

Hoërskool Louis Trichardt het ‘n klop op die skouer ontvang as een van die distrik se bes-presterende skole, nadat meer as ‘n 100 Triegieleerlinge daarin geslaag het om ‘n Top Een Prestasie Toekenning te ontvang, hetsy in sport of akademie.

Buiten vir hierdie toekenning, het die skool ook toekennings ontvang vir die skool wat die beste presteer het in terme van redenaars, rugby, netbal, hokkie, fietsry en atletiek.

Leerlinge wat toptoekennings ontvang het was Divan van Zyl (rugby), Ali Sefole (rugby), Bernice Meiring (WoW Spelfees en Eisteddfods), Eliz-Mari Pretorius (WoW Spelfees), Ronel Meiring (Eisteddfods), Precious Ramabulana (Eisteddfods), Catrien Dekker (ruiterkuns), Louise Dekker (ruiterkuns), Tiny Rademeyer (skyfskiet), Michaela Gilfillan (tennis), Hanco Kok (tennis), Sungu Khosa (Afrikaans debat), Dominique Nel (Afrikaans Debat) en Louise Dekker (Afrikaans debat).

Onderwysers wat toptoekennings ontvang het omdat hulle almal ‘n 100% slaagsyfer behaal het in hul onderskeie vakgebiede was  Retha Jordaan (Afrikaans eerste addisionele taal), Marietjie van Zyl (Engels eerste addisionele taal), Maryke van der Walt (Engels huistaal), Leandra Cilliers (rekenaartegnologie), Coreen Luies (wiskunde geletterdheid), Marie van Niekerk (inligtingstegnologie), Eddie Luies (meganiese tekeninge), Marius Muller (ekonomie), Pieter Pieterse (lewensoriëntering), Johanna Steyn (lewensoriëntering), Ilze Coetzee (wiskunde), Anette de Klerk (geografie), Cronnie Cronjé (toerisme) en Lourens Barnard (gasvryheidstudies).

 
 
 

Viewed: 791

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Hoërskool Louis Trichardt loop oor van trots nadat altesaam 14 van hulle onderwysers toekennings ontvang het tydens die Departement van Basiese Onderwys se Soutpansberg Oos-kring Excellence Awards. Hulle het almal ‘n 100% slaagsyfer behaal het in hul onderskeie vakgebiede. Voor, van links na regs, is Retha Jordaan (Afrikaans eerste addisionele taal), Marietjie van Zyl (Engels eerste addisionele taal), Maryke van der Walt (Engels huistaal) en Leandra Cilliers (rekenaartegnologie). Agter is Coreen Luies (wiskunde geletterdheid), Marie van Niekerk (inligtingstegnologie), Eddie Luies (meganiese tekeninge) en Marius Muller (ekonomie). Afwesig tydens die neem van die foto was Pieter Pieterse (lewensoriëntering), Johanna Steyn (lewensoriëntering), Ilze Coetzee (wiskunde), Anette de Klerk (geografie), Cronnie Cronjé (toerisme) en Lourens Barnard (gasvryheidstudies).

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT