ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die eerste vergadering vir 2018 is op 1 Maart in Bela-Bela aangebied en is goed bygewoon deur die plaaslike SAPD en ander SAPD stasies in die Bela-Bela SAPD streek. SAPD-lede van sovêr as Thabazimbi en boere van tot sovêr as Northam en Mogwadi (Dendron) het ook die vergadering bygewoon. Foto verskaf.

Wild- en veediefstal onder die loep in Bela Bela

Date: 10 March 2018 By: Andries van Zyl

Die provinsiale Wild- en Veediefstal Voorkomingsforum is ‘n nasionale inisiatief van die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) wat deur Limpopo RPO (LIMRPO) gedryf en geadministreer word.

Die Limpopo Wild en Veediefstal Voorkomingsforum hou kwartaalliks vergadering, en die vergadering word sedert 2017 nie meer op ‘n sentrale plek gehou nie. Die forum word geneem na die boere in verskillende gebiede in ‘n poging om meer boere by wild- en veediefstalvoorkoming betrokke te kry. Die eerste vergadering vir 2018 is op 1 Maart in Bela-Bela aangebied en is goed bygewoon deur die plaaslike SAPD en ander SAPD stasies in die Bela-Bela SAPD streek. SAPD van sovêr as Thabazimbi en boere van tot sovêr as Northam en Mogwadi (Dendron) het ook die vergadering bygewoon.

Die wild- en veediefstalvoorkomingsforum word sterk ondersteun deur die provinsiale polisiekommissaris, die polisie se provinsiale veediefstaleenheid, die SAPD Sigbare Polisiëring en georganiseerde landbou organisasies soos Agri Limpopo, TLU SA Noord en NERPO.  Ander permanente lede van die forum is onder andere die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), LEDET, SAFLA, DBV, WRSA en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

Tydens die eerste vergadering is klem weereens gelê op die rapportering van wild- en veediefstalgevalle en die verskillende wetgewing waaronder wild- en veediewe aangekla kan word. Die onlangse gevalle in die Mokopane omgewing, waar diere slegs vermink is en nie geslag of lewend van plase verwyder word nie, is weer onder die soeklig geplaas. Vee wat by slagpale opgespoor word met verdagte brandmerke en aan die oorspronklike eienaar terugbesorg is, is ‘n enkele voorbeeld van die sukses wat die forum behaal. In ‘n ander onlangse geval het ‘n landdros beveel dat die boete wat aan wilddiewe opgelê is aan die betrokke boerevereniging betaal moes word.

Die forum se volgende vergadering vind plaas op 31 Mei in die Modimolle-Vaalwater gebied. Plek en tyd sal vroegtydig bekend gemaak word en die forum doen ‘n beroep op boere om nou reeds die datum in hulle dagboeke aan te teken.

Vir meer inligting oor die organisasie, skakel Wilma Prinsloo, bedryfsbestuurder van LIMPRO, by tel. 082 555 4553.

 
 
 

Viewed: 421

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT