ADVERTISEMENT:

 

 
 

Totale chaos het Maandag gewag op die eienaars van Matman nadat daar by hulle winkel ingebreek is. 

Diewe se motief bly 'n raaisel

Date: 09 March 2018 By: Isabel Venter

Partykeer kan mens ook maar net kopkrap oor wat presies ‘n dief motiveer.

Inbrekers het Maandag duisende rande se skade aan ‘n bekende onderneming in Rissikstraat in Louis Trichardt aangerig, net om amper niks te steel nie.

Die inbrekers het toegang verkry deur die dak en plafon van Matman oop te breek. ‘n Alarm het afgegaan, maar die sekuriteitsmaatskappy kon niks verdags sien nie en het dus nie agtergekom daar is ingebreek by die winkel nie.  

Totale chaos het egter vir mev. Heidi Janse van Rensburg gewag toe sy Maandagoggend die winkel se deure oopsluit.

Die diewe het als wat in ‘n laai of kas gebêre was op die vloer uitgegooi. Selfs die nissie wat die as bevat het van Heidi se oorlede ma, tannie Elaine, is ook oopgebreek.

Wat Heidi egter laat wonder is dat die diewe niks van waarde gesteel het, buiten vir twee botteltjies waarin daar R2- en R5-stukke was. Die bietjie kleingeld wat in die kasregister was, is saam met die res van die kantoor se inhoud op die vloer omgekeer. Elektriese toestelle wat die winkel vol gestaan het, het klaarblyklik nie die diewe se aandag getrek nie. Dit alles is ongesteurd agtergelaat.

“Dit maak my woedend! Ons hou nie meer geld by die winkel aan nie, juis omdat hier al vantevore by ons ingebreek is en die kluis oopgebreek is,” het Heidi gesê. Sy was Maandag reeds besig om die kantoor op te ruim terwyl sy gewag het op die Makhado Polisie om die saak te kom ondersoek.

 
 
 

Viewed: 317

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT