ADVERTISEMENT:

 

 
 

Raad koop duur sekuriteitstelsel wat nie werk nie

Date: 08 March 2018 By: Isabel Venter

Sekuriteit by die Makhado Munisipaliteit – het dit aan die lig gekom – is net daar vir die skyn.  

Die uitvoerende komitee van die munisipaliteit het tydens hul 85ste raadsvergadering gehou op 30 Januarie erken dat hul kantore se sekuriteitstelsel nie werk nie.

Hierdie stelsel sluit onder andere ‘n geslote-baan televisiekamerastelsel in wat die munisipaliteit net meer as R500 000 uit die sak gejaag het. Die bekentenis is gemaak nadat navraag gedoen is deur raadslid G. Tshibvumo. Hy wou meer weet oor die sekuriteitsdeure en kamerastelsel wat deur die munisipaliteit in die 2011/12 finansiële boekjaar geïnstalleer is.

Volgens die munisipaliteit is daar nie veiligheidsdeure geïnstalleer nie, maar ‘n stelsel wat toegang tot die munisipaliteit beheer deur middel van sekuriteitskaarte. Hierdie stelsel, asook die sekuriteitskameras, werk egter nie. Dit is onduidelik of die stelsel ooit behoorlik gewerk het. Wat wel uitgelig is deur Tshibvumo se vrae is dat daar geen rugsteunkopieë of alternatiewe sekuriteitsmaatreëls in plek is vir die stelsel nie.

Altesaam het die munisipaliteit R577 300 aan Tshedza Protective Services van Doornkruin betaal vir beide stelsels.

 
 
 

Viewed: 389

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT