ADVERTISEMENT:

 

 
 

Man slagoffer van nuwe slenter

Date: 17 February 2018 By: Isabel Venter

Kriminele in Louis Trichardt raak by die dag al hoe meer geslepe, en sal enige plan maak om eerlike mense te ontneem van hul swaar-verdiende inkomste.

Diewe maak deesdae nie net meer gebruik van ‘n afstandbeheer om by niksvermoedende motoreienaars se voertuie in te kom nie.

In die jongste voorval is mnr. Jacques Fourie in die parkeerarea van Soutpansberg Spar beroof.

Hoeveel verdagtes betrokke was by die voorval is nog nie seker nie, maar daar word vermoed dat hulle al op Fourie toegeslaan het toe hy aankope gedoen het by Premjee & Sons. Die skelms het na bewering die linker agterwiel van sy voertuig halfpad afgeblaas.

Dit het Fourie glo geforseer om by Spar stil te hou.

Volgens die woordvoerder van die Makhado Polisie het ‘n persoon vir Fourie kom hulp aanbied en vir hom ‘n pomp geleen. Dit was een van die soort pompe wat deur ‘n voertuig se sigaretlaaier werk.

Die dief of diewe het toegeslaan terwyl Fourie gekniel het by die wiel, en sy sak gegryp wat hy voor tussen die twee sitplekke neergesit het. Daar word vermoed dat die verdagtes die sak gegryp het omdat hulle gedink het dat daar dalk baie kontant in was.

Binne-in die sak was egter Fourie se pistool en sy beursie, met ‘n klein hoeveelheid kontant daarin.

Ongelukkig het die hele voorval net-net buite die gesigsveld van die sekuriteitskameras gebeur, en kon daar nie gesien word hoeveel verdagtes toegeslaan het op Fourie nie.

Die plaaslike polisiewoordvoerder, konst. Irene Radzilane, het kort ná die voorval bevestig dat ‘n saak van diefstal uit ‘n motor geopen is vir verdere ondersoek. Sy het ook gesê dat ‘n saak van die nalatige verlies van ‘n vuurwapen teen Fourie geopen is.

 
 
 

Viewed: 877

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT