ADVERTISEMENT:

 

 
 

Christelle Coetzer (voor) is besig met die LAB-program wat leerlinge by die skool sal gebruik om hulle meer aanpasbaar te maak vir 'n tegnologiese wêreld. Saam met haar is van die skool se onderwysers. Agter, van links na regs, is me. Liandra Cilliers, me. Daleen Janse van Rensburg (LAB), die skoolhoof, mnr. Louis Cilliers, en mnr. Duncan Moodie. Foto verskaf.

LAB-stelsel gee Triegies 'n voorsprong

Date: 15 February 2018 By: Isabel Venter

Vandag se skoolleerlinge staar ‘n toekoms in die gesig waar baie werksgeleenthede deur robotte oorgeneem kan word. Daarom is dit belangrik om nou reeds pro-aktief op te tree deur leerlinge met die regte vaardighede toe te rus.

Dit is om hierdie rede dat Hoërskool Louis Trichardt besluit het om Lectorsa se Lab-on-line stelsel (LAB) aan te skaf en by die Graad 8-sillabus te inkorporeer.

Hierdie virtuele stelsel is ontwerp deur Lectorsa ná meer as 30 jaar se navorsing. Lectorsa is ‘n internasionale navorsings- en ontwikkelingsmaatskappy wat verantwoordelik is vir die LAB-projek.

LAB is ‘n web-gebaseerde program wat elke student se informasie en vordering op die Cloud stoor. Dus kan ‘n student enige tyd, enige plek en met enige slimfoon of rekenaar inskakel op sy of haar profiel.

Die stelsel is ontwerp om leerders se vaardighede optimaal te ontwikkel om sodoende te verseker dat hulle in ‘n immer-veranderende wêreld kan floreer. LAB verbeter onder andere leerders se begrip, kritiese denke, leesspoed en geheue deur middel van interaktiewe lesse wat voltooi moet word.

“LAB gaan in die Graad 8’s se rooster geïntegreer word, en is daarop gemik om hulle voor te berei vir die uitdagings van werk, lewe en burgerskap in ‘n wêreld waar verandering konstant is en leer voortdurend moet plaasvind,” het skoolhoof mnr. Louis Cilliers gesê. “Dit is ons verantwoordelikheid om die leerders voor te berei vir werksmoontlikhede wat nog nie eens bestaan nie,” het hy bygevoeg.

 
 
 

Viewed: 385

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT