Khevana Naik is Triegies se top matriekulant vir 2017. Sy slaag die nasionale eindeksamen met ses onderskeidings. Foto verskaf.

Triegie-matrieks samel 92 onderskeidings in

Date: 11 January 2018 By: Isabel Venter

Viewed: 278

Hoërskool Louis Trichardt se matriekklas van 2017 het altesaam 92 onderskeidings tydens die afgelope eindeksamen ingepalm.

Ses van die skool se 126 matrieks wat vanjaar gesit het vir die nasionale eksamen het gedruip, met die skool wat ‘n 95,23% slaagsyfer opgelewer het. Die syfer is effens laer as die vorige jaar se slaagsyfer van 97.44%. Van die matrieks wat geslaag het, het 72 met universiteitstoelating en 41 met ‘n diplomatoelating deurgekom.  

Khevana Naik is Triegies se top matriekpresteerder, nadat sy geslaag het met ses onderskeidings, wat sy behaal het in Afrikaans, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe.

Nog vier ander Triegies het ook in die 2017-eksamen beïndruk deur te slaag met vyf onderskeidings elk. Hulle was Tshikume Moseboa (Tshivenda, Engels, lewensoriëntering, besigheidstudies en lewenswetenskappe), Joleen de Swardt (Engels, wiskunde, lewensoriëntering, inligtingstegnologie en lewenswetenskappe), Laura-Li Cilliers (Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, RTT en lewenswetenskappe) en FG Buitendag (Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, geografie en lewenswetenskappe).

Ander top presteerders met vier onderskeidings elk was Sarika Eybers (Engels, lewensoriëntering, gasvryheidstudies en lewenswetenskappe), Agape Mamphasa (Engels, lewensoriëntering, inligtingstegnologie en lewenswetenskappe), Shiluva Nkanyani (lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe) en Vhuthu Rodney Phuthu (lewensoriëntering, geografie, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe).

 
 

 
 
 
 
 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: isabel@zoutnet.co.za

 
 

More photos... 

Joleen de Swardt spog met vyf onderskeidings. Foto verskaf.

Nog 'n trotste Triegie was Laura-Li Cilliers wat die 2017 matriek eindeksamen slaag met vyf onderskeidings. Foto verskaf.

Tshikume Moseboa spog met vyf onderskeidings. Foto verskaf.