ADVERTISEMENT:

 

 
 

Van die bokkoppe waarop daar afgekom is in 'n onwettige slaghuis in Musina. Foto verskaf.

*WAARSKUWING: GRAFIESE INHOUD* Musina polisie ontdek onwettige slaghuis

Date: 10 January 2018 By: 

Die polisie in Musina het Dinsdag tydens ‘n misdaadbekampingsprojek afgekom op ‘n onwettige slaghuis in dié grensdorp.

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder lt-kol. Moatshe Ngoepe het die polisie sewe vrieskaste op die perseel gekry vol onwettige bok- en beesvleis. Drie van die vrieskaste het die karkasse van drie boerbokke en ‘n halwe bees bevat. Nog twee vrieskaste was net vol beesvleis, terwyl daar ‘n hele beeskarkas en 69 bokkoppe verdeel was tussen die oorblywende twee vrieskaste. Verder het die polisie ook beslag gelê op drie lewendige bokke en een bees wat vermoedelik nog geslag moes word.

Drie verdagtes, Mostafa Gulam (30), Suman Mohammed (39) en Shane Khan (41), is in hegtenis geneem weens die oortreding van dierebeskermings- en vleisveiligheidswette.

Ngoepe het verduidelik dat dit nie noodwendig onwettig is om diere te slag vir vleis nie, maar dat ‘n slaghuis aan sekere gesondheidsregulasies moet voldoen en dat dit die rede is hoekom die verdagtes aangekla word. Hy het ook genoem dat onwettige slaghuise dikwels hul voorraad by twyfelagtige verskaffers aankoop en dat hulle soms ‘n mark skep vir veediewe.  

Die drie mans het Dinsdag, 9 Januarie, in die landdroshof op Musina verskyn. Hulle sal in aanhouding bly tot en met hul volgende verskyning op 7 Februarie, wanneer hulle na verwagting 'n borgaansoek sal bring.

 
 
 

Viewed: 1888

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT