ADVERTISEMENT:

 

 
 

Feestyd ook ‘n tyd om veiligheid op te skerp

Date: 23 December 2017 By: Andries van Zyl

Desember beteken vir baie van ons vakansietyd, maar, waarsku Ralda van Wyk van PSG in Levubu, dit is ook die tyd wanneer mense hulle persoonlike veiligheid moet opskerp.

“Wanneer die skole sluit, begin kantore leegloop, winkels en paaie raak besig, en daar heers ´n onmiskenbare vakansiestemming. Ons wens u ‘n welverdiende blaaskans toe,” het Van Wyk gesê. Tog het sy gewaarsku: “Ons herinner u om u geliefdes, wagwoorde en beursies veilig te bewaar. Meer finansiële transaksies, tesame met ‘n meer ontspanne omgewing, skep ongelukkig geleenthede vir hulle wat nie so eerlik soos ons is nie. Swendelaars en kuberskelms gaan nie met vakansie in die feestyd nie. Daarom herinner ons al ons kliënte om, net soos gedurende die res van die jaar, steeds op hul hoede te wees, en bedag te wees op verdagte e-posboodskappe, transaksies en bedrywighede,” het Van Wyk gesê.

Sy het ‘n paar wenke gegee oor hoe inwoners hulle rekeninge in hierdie tyd kan beveilig.

* Tik die webwerfadresse in - moenie net die skakels volg wat by e-posboodskappe ingesluit is nie.

* Moenie wagwoorde weer gebruik nie, veral nie vir transaksiewebwerwe nie.

* Moenie op e-pos aanhangsels klik nie, tensy u weet van wie af dit kom en die betrokke dokument verwag.

* Moenie onbeskermde WiFi-konneksies gebruik nie.

* Moet nooit u aanmeldbesonderhede (login) verklap nie.

* As u nie seker is of ´n versoek om inligting opreg is nie, kontak liewer die instelling (soos u bank) om die egtheid daarvan te bevestig.

“Ons verbintenis is om, soos altyd, waaksaam te wees. Wees asseblief geduldig indien ons u gedurende die feestyd bel om beoogde transaksies te bevestig. Ons is ernstig oor ons toewyding aan u, en u finansiële welstand is altyd vir ons ´n prioriteit,” het Van Wyk gesê.

 
 
 

Viewed: 337

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT