ADVERTISEMENT:

 

 
 

Foto ter illustrasie. 

Ja, daar is krokodille in Albasini

Date: 17 December 2017 By: Isabel Venter

Glo dit of nie, maar daar is werklik krokodille in die Albasinidam.

Die Zoutpansberger kon nie amptelike rekords kry van die dam se krokodilgetalle nie, maar daar was heelwat lesers wat hul ervarings met krokodille gedeel het. Dit volg nadat die koerant verlede week ‘n waarskuwing geplaas het op Facebook, nadat verskeie klagtes ontvang is van mense wat steeds in die dam swem, ten spyte van waarskuwings dat daar krokodille in die dam is.

Een inwoner (wat anoniem wil bly) het Dinsdag, 5 Desember, vertel hoe ‘n krokodil van meer as drie meter hom die naweek vantevore op sy boot kom besoek het. “Ek het uit die hoek van my oog gesien hoe hy skuins langs die boot uitkom. Dit is die eerste keer dat ek sien ‘n krokodil is so waaghalsig om tot by die boot te kom. Ek het hom met my visstok verwilder,” het die inwoner gesê.

Kort hierna het Jerry Cloete laat weet dat hy vyf krokodille op een dag gesien het op verskillende plekke by die dam. Hy het nie genoem wanneer dit was nie, maar gesê dat hy op dieselfde dag ook twee seekoeie gesien het. Cloete het die grootste krokodil geskat op 3.3 meter. 

“Ek’t al ‘n paar gesien. Hulle beweeg baie rond in die water wanneer die son begin sak,” het Charlene Opperman van haar laat hoor.

Arno Kotzé, wat al by meer as een geleentheid by Albasini gaan visvang het, het op sy beurt laat weet dat hy nog nooit ‘n krokodil gewaar het nie. “Hulle is seker meer na die inloop se kant toe,” het Kotzé gesê.

In ‘n feitesending het die Zoutpansberger begin rondvra om uit te vind presies hoeveel krokodille tuisgaan in die Albasini. Sover die koerant kon vasstel, is dit net die plaaslike Departement van Sosiale Ontwikkeling (DSO) wat enigsins amptelik boekhou van die krokodille en seekoeie deur middel van ‘n tweejaarlikse sensusopname.

Groot was die Zoutpansberger se verbasing toe die departement laat weet het dat hulle nie kennis dra van enige krokodille in die Albasinidam nie. Die twee-jaarlikse sensusopname word glo uit die lug gedoen.

Die departement was van mening dat, indien daar wel krokodille by die dam gewaar word, hulle afkomstig is van die Luvhuvhurivier. Volgens die departement is daar te veel aktiwiteite op en rondom die Albasini wat die krokodille sal verjaag. Die departement het wel toegegee dat daar dalk soms krokodille mag voorkom, maar dat hulle oorswem van die Luvhuvhurivier, wat glo vrot is van die krokodille. Verder het die departement gesê dat daar, sover dit hulle rekords aangaan, ook nie seekoeie in die dam is nie.

Plaaslike vissermanne wat gereeld by die Albasini gaan lyn natmaak, stem egter glad nie saam nie. Volgens die manne is daar verseker krokodille, insluitend ‘n paar monsters…

 
 
 

Viewed: 1012

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT