ADVERTISEMENT:

 

 
 

Dit gaan baie beter met die eenjarige Luan Oosthuizen. Hy is egter nog nie ontslaan uit die intensiewe-sorgeenheid van die Tzaneen Medi Kliniek nie. Foto verskaf.

Dit gaan baie beter met klein Luan

Date: 17 October 2017 By: Andries van Zyl

Dit gaan baie beter met klein Luan Oosthuizen, alhoewel gebede steeds nodig is vir sy volkome herstel.

Die eenjarige Luan se ma, Chané, het Dinsdagmiddag bevestig dat dit heelwat beter met Luan gaan. Ná ‘n aanvanklike terugslag Saterdag, wat tot die medici bekommerd gehad het, kon die dokter Maandag bepaal presies watter bakterie Luan se siektetoestand veroorsaak. Hy is verlede Dinsdag in die Medi Kliniek in Tzaneen opgeneem weens ernstige longinfeksie.

Klein Luan kon skaars asemhaal en moes op ‘n ventilator geplaas word. “Dit gaan goed. Hy is vanoggend vanaf die ventilator gehaal en haal tans op sy eie asem. Hy is wakker, maar nog baie deurmekaar,” het Chané aan die Zoutpansberger gesê.

Dit is onbekend hoe lank Luan nog in die intensiewe-sorgeenheid sal moet bly. “Die dokter het gesê hulle sal eers laatmiddag kan sê of hy uit die intensiewe-sorgeenheid kan kom. Hulle wil in elke geval hê hy moet nog ‘n keelspesialis ook sien,” het Chané gesê.

Luan se ouers, Chané Oosthuizen en Robert Steyn, het geen mediese fonds nie en Luan se mediese koste beloop reeds derduisende rande. Talle weldoeners het al mildelik finansieel bygedra, maar daagliks hoop klein Luan se mediese koste net meer op. Die manne van Tafelronde Zoutpansberg 66 het intussen betrokke geraak en persone wat hul weg oopsien om te help om Luan se mediese koste te delg, kan Rudi Meissenheimer skakel by tel. 082 776 8377. Alternatiewelik kan Lizelle Knoesen, ‘n familievriend, geskakel word by tel. 082 858 8770 vir meer inligting.

Om meer uit te vind, lees Luan se verhaal in hierdie week se Zoutpansberger.

 
 
 

Viewed: 826

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT