ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle mnr. Japie Breed (72). Foto verskaf.

Soutpansberg verloor nog ‘n pionier

Date: 14 September 2017 By: Andries van Zyl

Mnr. Japie Breed, ‘n bekende gesig in die Mara-omgewing, wat vir vele jare by die Departement van Veeartsenydienste as vee-inspekteur werksaam was en ook deeltyds geboer het, is op 25 Augustus in die ouderdom van 72 jaar oorlede.

Volgens sy peetdogter, me. Nada Whincop, is Breed gebore en het grootgeword op die plaas Kalkoven. Hy het tot en met sy dood in dieselfde omgewing gewoon waar sy pa en oupa, albei Jacob Breed, vanaf 1927 geboer het. Hulle was pioniers in hierdie omgewing en van die eerste boere wat oonddroogtabak verbou het.

Breed is in die laaste jaar gediagnoseer met kanker en sy gesondheid het baie agteruitgegaan. Hy is ná twee weke se hospitalisasie in MediClinic in Polokwane oorlede. “Hy was vir sy susterskinders ‘n steunpilaar en het vir sy familie baie gedoen en beteken,” het Nada gesê.

Wyle Japie was die laaste Jacob Breed in die Soutpansberg. Sy teraardebestelling het op 9 September op Dendron plaasgevind.

 
 
 

Viewed: 752

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT