ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die hoofkarakters in Van Collerspas is Stil Vanaand is, van links na regs, Danika Malan (rol van Lisa), Leandri Muller (Lara) en Xander Venter (Brummer).

Top toekennings vir plaaslike toneelgroep

Date: 11 August 2017 By: Andries van Zyl

Hoërskool Louis Trichardt se toneelgroep het hul uitstekend van hul taak gekwyt tydens hul deelname aan die Tshwane Toneelfees op 4 en 5 Augustus.

Hulle het met hul toneelstuk, Van Collerspas is stil vanaand, verskeie toptoekenning tydens die fees opgeraap. Nie net wen hulle die afdelings vir beste nuutgeskrewe teks en klankoperateur (Wanga Ramuhuyu) nie, maar stap ook weg met nominasies vir beste regie, beste beligting (Ziamay Malan) en beste verhoogbestuurder (Wilne Kotze).

“Baie dankie aan Marcel Van Niekerk wat hierdie toneelgroep moontlik maak. Ons waardeer jou uit ons harte ongelooflik baie. Dankie ook mev. Lochner en mnr. Theo Muller vir alles wat julle doen,” het die groep skool gesê.

Marcel is die skrywer van die toneelstuk wat ‘n paar moeilike vrae vra en ‘n “not so nice” storie vertel. “Vanjaar moes ons as toneelgroep uitdagende keuses maak. Ons het ‘n risiko geneem, een wat met ure se harde werk deurdink en getoets is,” het Marcel tydens ‘n vroeëre onderhoud met die Zoutpansberger gesê.

Die toneelstuk spreek nie net onwettige aborsies aan nie, maar ook tienerseks en –swangerskap. Albei die hoofkarakters,  Lisa (rol vertolk deur Danika Malan) en Brummer (rol vertolk deur Xander Venter), worstel ewe skielik met grootmensvrae waarvoor hulle hopeloos onvoorbereid is. Elkeen het eie bagasie wat hulle saamdra en hulle toekomsbesluite vorm, insluitend dié van hulle ongebore baba Lara (rol vertolk deur Leandri Muller).

 
 
 

Viewed: 433

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Hoërskool Louis Trichardt se toneelgroep, afgeneem waar hulle gereedmaak vir deelname aan die afgelope naweek se Tshwane Toneelfees. Van links na regs is mnr. Marcel van Niekerk, Ziamay Malan, Wanga Ramuhuyu, Wilne Kotze, Leandri Muller, Xander Venter en mnr. Theo Muller. Danika Malan was afwesig tydens die neem van die foto. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT