ADVERTISEMENT:

 

 
 

Drie vermeende renosterstropers se saak weer uitgestel

Date: 15 July 2017 By: Isabel Venter

Die omvang van die saak teen drie mans wat teregstaan op klagte van renosterstropery is van so ‘n aard dat die polisie nog tyd gevra het om hul ondersoek af te handel.

Deon van Deventer (48), Niklaas van Deventer (51) en Onward Muchagowa (41)  is op 6 Januarie gearresteer, nadat hulle na bewering ‘n afgesaagde renosterhoring in ‘n plastieksak ten tyde van ‘n polisiejaagtog op die Vivo-pad by hul bakkie se venster uitgegooi het. Daar word verder vermoed dat die mans verbind kan word met twee afsonderlike gevalle waar renosters doodgeskiet en gestroop is van hulle horings. Die drie staar ook klagte van die onwettige jag van renosters in die gesig.

Al drie is tydens hul vorige hofverskyning in Mei vanjaar borgtog geweier op grond daarvan dat die kans te groot sal wees dat hulle weer verdere oortredings sal pleeg.

Vanaf 14 Desember 2005 tot en met Mei 2006 het Deon skuldig gepleit op ses aanklagte wat verband gehou het met die dood van 11 renosters. In een geval het hy twee renosterbulle en een renosterkoei naby Mbabane in die Kruger Nasionale Park doodgemaak en hul horings gestroop. Deon is toe gevang en op 29 Mei 2006 op borg van R10 000 vrygelaat. In die daaropvolgende drie maande het Deon skuld erken op ‘n verdere drie aanklagte wat verband gehou het met die dood van nog ses renosters.

Ná hul vlugtige hofverskyning is daar ooreengekom om die drie mans se saak uit te stel tot 18 Augustus. Daar sal na verwagting dan voortgegaan word met hulle kriminele verhoor.

 
 
 

Viewed: 314

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT