ADVERTISEMENT:

 

 
 

Nog 'n besonderse mylpaal, die Ref Johan Pender Smith-medalje vir 75 eenhede bloed, is deur hierdie groepie plaaslike skenkers behaal. Afgeneem saam met hulle is mev. Thatayaone Mosasane (sone-bestuurder van skenkersverhoudinge) tydens die oorhandiging van hulle medaljes verlede Vrydagaand by die North Gate Lodge. Van links na regs staan Thatayaone, mnr. Gerrit van der Walt, mev. Rianna van der Westhuizen, en mnre. Louis Nel en Barend Fourie. 

SANBS sê dankie aan plaaslike bloeiers

Date: 13 July 2017 By: Isabel Venter

Die klein dingetjies in die lewe word dikwels oorgesien, maar die afgelope naweek is daar ‘n uitsondering gemaak.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het tydens ‘n spesiale geleentheid plaaslike bloedskenkers bedank vir hulle gereeld bloedskenkings. “Dit is nie net ‘n lewe wat julle red nie, maar ‘n nasie,” het die SANBS se sone-bestuurder vir skenkerverhoudings, mev. Thatayaone Masasane, gesê. Sy het die skenkers, wat almal ‘n spesiale mylpaal behaal het, tydens die bedankingseremonie by die North Gate Lodge toegespreek.  

“Om bloedskenkers te vereer is 'n manier om hulle te bedank vir die gee van 'n bietjie van hulself," het me. Dottie Pinn, die SANB se openbare betrekkinge-praktisyn, tydens die seremonie gesê.

Die jong skenkers wat hierdie jaar hul 25ste bloedeenheid geskenk het voor hulle 25ste verjaarsdag was Elmari du Toit, Hermanus Grobler, Helanie Harmse, Fulufhelo Nemutudi, Bradley Odendaal, Richard Scanlen, Victoria Truter en Marcel van Eeden.

Altesaam 23 skenkers is vereer met die Igazi Madi-medalje (50 skenkings). Hulle was Jolanda Aucamp, Raymond Bagnall, Franz Bezuidenhout, Paul de Beer, Willie du Preez, Helen Fensham, Cindy Fortuin, Sharen Groenewald, Antheny Humpries, Jan Janse van Rensburg, Hendrik Lamprecht, Joseph Mangwane, Elvis Mugari, George Nagel, Rudolph Nortjé, Pfuluwani Phaswana, Mudzunga Phuriwa, Susara Pieterse, Jack Ramalatso, Louis Sauer, Janett-Christelle Steyn, Daniel Tredoux en Eleanor Visser.

Daar was ses skenkers wat die Ref Johan Pender Smith-medalje (75 skenkings) ontvang het. Hulle was Lauri Bannatyne, Barend Fourie, Nic Hoffmann, Louis Nel, Gerrit van der Walt en Rianna van der Westhuizen. Louis-Louis Roux en ds. Jan Pretorius het albei die James Blundell-medalje ontvang vir ‘n 100 eenhede bloed geskenk.

Hierdie jaar was daar ook net twee Anthon Heyns-medaljes wat oorhandig is, en wel aan mnr. AB Swiegers en mev. Marie Helm vir die 125 bloedeenhede wat hulle geskenk het.

 
 
 

Viewed: 606

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Helanie Harmse (regs) is persoonlik deur sr. Riana Viviers van die plaaslike bloedbank bedank, omdat sy 25 eenhede bloed geskenk het voor haar 25ste verjaarsdag. 

Mnr. AB Swiegers (regs) is vereer met die Anton Heyns-medalje (125 eenhede). Hy is een van twee plaaslike skenkers wat hierdie jaar die besonderse mylpaal behaal het. Die SANBS se sone-bestuurder van skenkerverhoudinge, mev. Thatayaone Mosasane, het die medalje oorhandig.

Afgeneem tydens 'n spesiale bedankingsseremonie van die SANBS was dié groep plaaslike skenkers wat almal al 50 eenhede bloed geskenk het. Hulle is voor, van links na regs, Jannett-Christelle Steyn, Elanor Visser, Sharen Groenewald en René Fensham. Agter is Daniel Tredoux, Hendrie Lambrecht, Antheny Humpries, Elvis Mugari, Franz Bezuidenhout, Josef Mangwane, Eric Phaswana, Rudolph Nortjé, Willie du Preez, Wally Janse van Rensburg en Paul de Beer.

Ds. Jan Pretorius van die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente is verlede Vrydag deur die SANBS vereer met die James Blundel-medalje vir sy 100ste eenheid bloed wat hy geskenk het. Afgeneem saam met ds. Jan is mev. Thatayaone Mosasane, die SANBS se sonebestuurder vir skenkerverhoudinge.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT