ADVERTISEMENT:

 

 
 

1). Malaria word uitsluitlik deur die byt van die Anopheles muskiete oorgedra.

2). Oor 5-16 dae, groei die sporozoites, verdeel en dan tienduisende haploïede produseer – per lewer sel, wat merozoiete genoem word.

3). Die merozoïete (malariaparasiete) verlaat die lewer selle van waar dit begin met ‘n aanval siklus van die rooibloedselle. Hierdie vermenigvuldiging van die merozoïete is wat ‘n mens siek laat voel en kan tot verdere komplikasies lei indien dit nie vinnig behandel en stopgesit word nie.

4). Die siklus van menslike infeksie begin weer wanneer die muskiet besmette bloed drink en die sporozoites uit sy speekselkliere oordra aan gesonde mense.

Bron: Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes. Grafiek: Zoutnet Uitgewers.

Hoe weet jy malaria is in jou bloed?

Date: 11 May 2017 By: Isabel Venter

Die Limpopo Departement van Gesondheid (DvG) is tans op hoë gereedheidsvlak, nadat berig ontvang is van ‘n buitengewone toename in malariagevalle in die Vhembe- en Mopanistreke.

Daar is ook hierdie week verneem van malariagevalle in Louis Trichardt waar inwoners siek geword het, maar nog nooit ‘n malariagebied besoek het nie. Derhalwe het die DvG die volgende inligtingstuk beskikbaar gestel oor malaria:

Wat is die oorsaak?

Malaria word deur die wyfiemuskiet, Anopheles gambia, oorgedra. Sodra die muskiet jou byt, sirkuleer die malariaparasiete in jou bloedstroom en beweeg dan na jou lewer waar hulle ‘n metamorfose ondergaan in die volgende sewe dae tot ses maande. Uiteindelik is daar in die lewer duisende jong plasmodia, oftewel merosoïete, wat dan die slagoffer se rooibloedselle binnedring. Die plasmodia groei tot eritrositêre skisonte en verdeel vervolgens in 15-40 merosoïete wat in die bloedstroom vrygestel word wanneer die bloedsel oopbars. Hulle dring opnuut ander bloedselle binne, waarna die siklus herhaal word.

Malaria teen-medikasie (profilakse) kan nie die parasiet in jou lewer doodmaak nie en dit is waarom dit so belangrik is om dit te begin neem voordat jy vertrek na ‘n malariagebied. Die medisyne sal wel kan voorkom dat ‘n persoon ernstig siek word van malaria.

Malariasimptome sluit in naarheid, koors, hoofpyn, kouekoors en bewerasie, sweet en voortdurende lyfpyn.

Wat kan jy doen om malaria te voorkom?

Dit is noodsaaklik om teen-malaria medikasie voor die tyd te neem. Trek saans langmouklere aan. Die muskiet is kort voor sonsondergang en voor sonop op haar gevaarlikste. Onthou ook dat die meeste aansmeer- of spuit-muskietweermiddels hulle effektiwiteit ná vier uur verloor.

Daar is drie profilakse wat geneem kan word en almal is ewe effektief met sy eie voordele en nadele.

• Meflokien – dit word een keer per week geneem maar word nie voorgeskryf aan neurologiese en hartpasiënte nie en ook nie aan duikers nie.

• Doksisiklien – dit moet daagliks geneem word en is bekend vir die newe-effek dat dit jou vel sensitief vir die son maak en kan in sommige gevalle die slukderm irriteer.

• Atovaquoon en Proguaniel (Malinil) – Dit word vir ‘n korter periode gebruik met omtrent geen newe-effekte nie, maar is heelwat duurder as die ander.

’n Entstof wat kinders teen malaria kan beskerm, kan moontlik al volgende jaar in Afrika-lande versprei word.

 

 
 
 

Viewed: 3568

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT