ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Danna van der Walt (53). Foto verskaf.

Vriendelike Dana sterf in ongeluk

Date: 12 February 2017 By: Isabel Venter

Altyd vriendelik en behulpsaam. Só sal al Danna van der Walt (53) se familie, vriende en kollegas hom onthou.

Danna is verlede Donderdag (2de) op slag dood in ‘n motorongeluk. “Hy en ‘n kollega was saam op pad gewees om elektrisiteitsmeters aan te sluit,” vertel ‘n jarelange vriend, mnr. Paul Otto. Die hartseer vir Danna se eggenote was nog te rou om self met die Zoutpansberger te gesels.

Dit was maar net Danna se tweede dag by sy nuwe werk, Utility Management Services, nadat hy die pos aanvaar het op die eerste van die maand. “Hy was opgewonde oor sy werk,” het Paul gesê. Sy skielike en ontydige dood het as groot skok gekom vir almal.

Paul vertel dat Danna glo hard moes rem aanslaan net vóór die Hendrik Verwoed Tonnels op die N1-noord. Daar was ‘n ander voertuig voor Danna wat feitlik stilgestaan het. In die proses het Danna beheer verloor oor sy voertuig en met ‘n vragmotor gebots. Soos genoem is Danna op slag dood, maar wonderbaarlik was sy kollega ongedeerd.

Danna het aanvanklik in 1982 as meterleser begin werk by die destydse Louis Trichardt Munisipaliteit, nadat hy die jaar tevore by Hoërskool Louis Trichardt gematrikuleer het. Hy was ‘n boorling van die Soutpansberg, met ouers oom Johan en tannie Bets wat woonagtig was in die dorp en beide goed bekend was aan inwoners.

Danna het later jare by die stadsraad gekwalifiseer as elektrisiën en het selfs op ‘n tyd waargeneem as bestuurder in die elektrisiteitsafdeling. Hy het in 1996 by die munisipaliteit bedank en verhuis Levubu toe, waar hy met groente begin boer het.

Wyle Danna word oorleef deur eggenote Kriek, hul drie-jaar-oue seuntjie Johan, sy ma tannie Bets, broer André en susters Riana en Louise.

‘n Roudiens word op Donderdag, 9 Februarie, om 11:00 vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente vir Danna gehou.

 
 
 

Viewed: 382

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT