ADVERTISEMENT:

 

 
 

Seun kry noodoperasie ná aanranding

Date: 22 January 2017 By: Isabel Venter

Die skoolseun wat glo wreed aangerand is deur drie mans van Louis Trichardt het verlede week ‘n terugslag beleef.

Verlede week is berig oor dié 16-jarige seun se beserings wat hy opgedoen het nadat drie mans in die hof verskyn het op ‘n klag van aanranding. Die mans word daarvan beskuldig dat hulle op 6 Januarie die seun tydens ‘n woordewisseling voor die Rugbylapa begin aanrand het.

Een van die mans het die seun glo daarvan beskuldig dat hy ‘n verhouding sou gehad het met die man se vrou. Die seun was saam met ‘n familielid by die kuierplek, maar het buite op die paviljoen se trappies gesit, omdat minderjariges nie in die kroeg toegelaat word nie.

Tydens die konfrontasie het die seun probeer wegkom, maar gestruikel en op ‘n skerp stok geval wat deur sy ribbekas gesteek het. Dit het ‘n infeksie veroorsaak in sy longe, wat daartoe gelei het dat sy regterlong platgeval het.

Teen verlede Donderdag (12 Januarie) het die seun se toestand so versleg dat hy oorgeplaas moes word na ‘n hospitaal in Pretoria. Sy ouers het hierdie week aan die koerant bevestig dat hy kort ná sy oorplasing ‘n noodoperasie ondergaan het en dokters nog ‘n stuk van die stok verwyder het wat in sy ribbekas agtergebly het.  

Die seun se toestand het heelwat verbeter ná sy operasie, maar hy het hierdie week nog behandeling ontvang in Pretoria.

Die drie beskuldigdes het na verwagting Vrydag (20 Januarie) weer in die hof verskyn.

 

 
 
 

Viewed: 417

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT