ADVERTISEMENT

 
 

 

Oom Willie Agenbacht het die volgende ingestuur namens die lede van die Gister-se-Jeugklub in Louis Trichardt:

Die Gister-se-Jeugklub wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die gemeenskap van Louis Trichardt te vertel van twee baie besonderse en spesiale dames.

Dié twee het voordat die SAVF Dienssentrum ophou bestaan het en die Gister-se-Jeugklub in November 2006 gestig is, reeds begin om vir ons, die ouer mense van Louis Trichardt, met lekkernye te bederf en sodoende het hulle vir hulself die naam “Engele van die Soetgoed” verwerf.

Dit is dus uiters gepas dat die klub hulde bring aan Berdine Pretorius en Maryna Cordier, wat hierdie liefdeswerk nou na raming reeds tussen 12 en 15 jaar verrig. Ons word eenmaal per maand so bederf met eetgoed wat altyd van die beste gehalte is en baie goed afgaan.

Hulle doen dit eiehandig en uit eie, persoonlike fondse en dit word elke keer opreg waardeer. Drie hoera’s vir hierdie twee dames en mag ons Liewe Vader julle steeds die kragte en middele gee om hiermee voort te gaan. Baie, baie dankie!

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT