ADVERTISEMENT

 
 

 

Michaela Gilfillan, ‘n LUK-lid van Hoërskool Louis Trichardt, skryf:

Vrydag, 17 Augustus, het Hoërskool Louis Trichardt en Laerskool Louis Trichardt hul gesamentlike jaarlikse gholfdag gehou en weereens was dit ‘n dag wat nog lank onthou sal word.

Die aktiwiteite het reeds vroeg die dag begin, met spelers wat al vanaf 07:00 afgeslaan het. Dit was ‘n heerlike sonskyndag vir die gholfspelers. Albei skole is ook geweldig dankbaar vir elke persoon of besigheid wat bygedra het tot die ongelooflike sukses van die gholfdag. Sonder hierdie ondersteuning sou die dag nie moontlik gewees het nie.

Dankie aan Soutpansberg Gholfklub vir julle professionele en vriendelike hulp en bystand vir hierdie dag.

Aan al die spelers, besoekers en borge wat so vrygewig geld in ons bokse by die ingang gegooi het, en wat die dag saam met ons geniet het, ons hoop om julle almal weer volgende jaar te sien.

Dankie Louis Trichardt en gemeenskap vir julle aanhoudende ondersteuning vir ons skole. Julle ondersteuning en bydraes maak ‘n verskil vir elke leerling van Laer- en Hoërskool Louis Trichardt.

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT