ADVERTISEMENT

 
 

 

Die O/8-bulletjies (en een versie) van Laerskool Louis Trichardt het die volgende briefie ingestuur:

Ons wil graag baie dankie sê vir ons borge. Hulle was oom Pieter en oom Theo Lordan van Vhavenda Bricks wat vir ons nuwe hempies geborg het en tannie Sonje Thornhill van die NTK Louis Trichardt wat vir elke speler ‘n nuwe rugsak geborg het.

Hierdie jaar was ons laaste jaar wat ons bulletjie rugby gaan speel. Volgende jaar begin ons met “tackle” rugby, saam met die groot kinders. Sonder ons borge sou hierdie jaar nie so ekstra spesiaal gewees het nie.

Ons ouers wil ook net dankie sê vir ons afrigters Wikus Bezuidenhout, Jacques Scheepers en Saki Nel wat baie tyd en geduld afgestaan het vir ons.

Dankie ook aan elke mamma en pappa wat ons deur die jaar ondersteun het.

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT