ADVERTISEMENT:

 

Algemene sport fotos

Date: 08 May 2015 By: News Correspondent

Viewed: 9572

Die finaal van die plaaslike ses-aan-‘n-kant krieketliga is Vrydag, 1 Mei, op Louis Trichardt se A-veld beslis tussen die spanne van Werda Toyota Vikings en Jolly. Jolly kolf eerste en stel ‘n teiken van 62 lopies. Dit was egter nie genoeg nie, en Vikings steek die telling in slegs 4.4 beurte verby om die reeks te beklink. Afgeneem is die Vikings-wenspan met hul trofee. Van links na regs is Johan Pretorius, Warno Smit, Jaco (besoeker van Witbank), Morné Olwage, Craig Viljoen en Jaco Botha. Dank is uitgespreek teenoor Playboy Sports, wat die trofee geborg het. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT