ADVERTISEMENT:

 
     

CMR Gholfdag

 

From: 21 September 2024 at 09:00 AM

Until: at

Location: Soutpansberg Gholfklub


Details:

Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) op Louis Trichardt het ’n uitnodiging gerig aan die streek se gholfspelers om in te skryf vir hulle jaarlikse gholfdag op Saterdag, 21 September, by die Soutpansberg Gholfklub. Die gholfdag is ten bate van hulle Red ’n Kind projek.
Die kompetisie is in ’n vierbal-formaat en deelname kos R2,500 per span van vier spelers. Dit sluit ‘n gholfkarretjie en aandete in. Registrasie vind plaas vanaf 09:00 tot 10:15, met die afslaan om 11:00. Diegene wat nie self kan speel nie, maar graag betrokke wil wees, kan ‘n putjie vanaf R1,000 borg.
Daar sal ook die dag gelukkige trekkings (raffles) wees en ‘n veiling.
Om in te skryf of ‘n putjie te borg, skakel Hester by tel. (078) 763-9045 of stuur ‘n e-pos na [email protected].


Contact Person: Hester

Tel: (078) 763-9045

Email:

 

Upcoming Events

Day to celebrate children beating cancer
Where: Madi A Thavha Mountain Lodge Start: 20 Sep  (09:30 AM)
CMR Gholfdag
Where: Soutpansberg Gholfklub Start: 21 Sep  (09:00 AM)
Braaidag by Lalapanzi
Where: Lalapanzi Hotel Start: 24 Sep
AP Kerk Dankfees
Start: 28 Sep
Hengelkompetisie
Where: Schrodadam Start: 28 Sep  (05:00 AM)
Fast 5 Triegie Dag
Where: Hoërskool Louis Trichardt Start: 05 Oct