ADVERTISEMENT:

 

 
 

Skoukoningin van 2002 sterf in ongeluk

Date: 26 September 2003 By: 

POLOKWANE – Die dood van een van die streek se jong skoonhede en voormalige Mej. Louis Trichardt Skou, Alida Jansen (23), het die afgelope week skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Alida is Saterdag (20ste) omstreeks 13:15 oorlede in 'n motorongeluk by die "Wawielbrug", sowat dertig kilometer vanaf Polokwane op die N1 na Louis Trichardt. Sy was alleen in haar voertuig. Niemand weet wat presies gebeur het nie, maar die vermoede bestaan dat sy beheer verloor het oor haar bakkie vanweë 'n skielike sywaartse rukwind. Die bakkie het omgeslaan en in die proses het Alida haar nek gebreek. Sy is opslag dood.

Alida het in 2002 die gesogte Mej. Louis Trichardt Skou-titel opgeraap. Sy het ook vir lank haar eie modelskool op Louis Trichardt bedryf. Sowat 'n jaar gelede het sy saam met haar ouers, Gys en Rina, na Polokwane verhuis. Sy word oorleef deur haar ouers en suster, Heidi. Sy sou op 29 November haar 24ste verjaarsdag gevier het, waarna sy en 'n voormalige Mnr. Louis Trichardt Skou, Carlos De Agella, van die Adams Apple Hotel, verloof sou raak. Alida is Woensdag vanuit die AGS Oos-gemeente in Polokwane begrawe.

 
 
 

Viewed: 1638

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT