ADVERTISEMENT:

 

 
 

generiese foto

Jongste syfers oor renosterstropery skok

Date: 21 March 2014 By: Isabel Venter

Daar is alreeds 173 renosters sedert die begin van die jaar doodgemaak vir hul horings.

Dit is volgens die jongste syfers wat die Departement van Omgewingsake verlede Vrydag, 14 Maart, bekend gemaak het. “Die Krugerwildtuin word die swaarste getref, met 113 renosters wat sedert 1 Januarie gestroop is,” het die departement se woordvoerder, Albi Modise, in 'n verklaring gesê.

Limpopo is kort op die hakke van Noord-Wes, waar daar tot dusver al 18 renosters van kant gemaak is. In Limpopo is daar 17 en in KwaZulu-Natal 11 renosters gedood.

Modise het bevestig dat daar sedert die begin van 2014 reeds 54 verdagtes gearresteer is, waarvan 24 in die Krugerwildtuin aangekeer is.

Hy het weereens ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om enige voorvalle van stropery by die polisie aan te meld. Die telefoonnommer vir die polisie se wenklyn is 0800 205 005. ‘n Wenk kan ook per SMS gestuur word na 32211.

 
 
 

Viewed: 1647

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT