ADVERTISEMENT:

 

 
 

Mnr. Hannes Kelly

Verdagtes in Kelly-moord op borgtog uit

Date: 20 June 2014 By: Isabel Venter

Die twee mans wat verdink word van die aanval op mnr. Hannes Kelly van Levubu is borg toegestaan.

Tabelo Teophillus Singage (20) en Maxwel Conti Ntatamala (23) het verlede Vrydag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op enkele klagte van moord en huisbraak. Hulle is op 10 Mei vanjaar gearresteer, nadat ‘n selfoon wat glo aan Kelly behoort het, in hul besit gevind is.

Die 52-jarige Kelly is op Werkersdag (1 Mei) deur twee mans met hamers en stokke aangeval, terwyl hy besig was om sy vullis uit te neem. Die rowers het Kelly vir dood agtergelaat, nadat hulle hom geforseer het om sy kluis vir hulle oop te maak en al sy geld en selfone geroof het. Kelly is drie dae later oorlede nadat hy by die Louis Trichardt Gedenkhospitaal inmekaar gesak het.

Intussen is Singage en Ntatamala se saak uitgestel tot Augustus, terwyl daar gewag word op ‘n beslissing van die Direkteur van Openbare Vervolging of hulle vervolg moet word al dan nie.

Altwee mans is vrygelaat, nadat borg van R2 000 elk aan hulle toegestaan is.

 
 
 

Viewed: 197

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT