ADVERTISEMENT:

 

 
 

Staking kortwiek werk aan N1

Date: 19 September 2003 By: 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – 'n Staking deur lede van BCAWU (Building Construction Allied Workers Union) en NUM (Nasionale Unie van Mynwerkers) veroorsaak tans 'n agterstand in konstruksiewerk aan die laaste 20 kilometer van die N1 voor Musina.

Die vernaamste werksaamhede op die projek is op 8 September tot stilstand gebring toe werkers en lede van dié twee vakbonde begin staak het. Hul eis hoër lone. Die dispuut wat die twee vakbonde met SAFCEC (Suid-Afrikaanse Federasie van Siviele Ingenieurs Aannemers) verklaar het, kon nie deur die KKMA (Kommissie vir Konsiliasie, Mediasie en Arbitrasie) bygelê word nie, waarna 'n wettige staking deur die vakbonde uitgeroep is.

Volgens mnr. Dirk Steyn, Residentingenieur van GMKS Raadgewende Ingenieurs, is die staking buite die beheer van die kontrakteurs in hierdie projek. Hy het aangedui dat Sakhizwe Con Roux (Edms) Bpk, Civilcon (Edms) Bpk en die ander subkontrakteurs so spoedig moontlik hul werksaamhede wil hervat om die projek te voltooi.

Ten spyte van moeilike omstandighede word daar egter goeie vordering gemaak met die projek. 'n Gedeelte van ongeveer vyf kilometer van die pad vanaf Musina is reeds oopgestel vir verkeer op 28 Augustus. Daar is egter nog werk wat voltooi moet word aan hierdie gedeelte. Vanweë die tydelike verkeersreëlings en ander omgewingsaspekte, soos die bewaring van 'n kremetartboom naby Musina, kon hierdie werk nog nie aangepak word nie. Werk aan die nuwe brug oor die Sandrivier vorder ook goed. Subkontrakteurs Civilcon (Edms) Bpk is verantwoordelik vir die bou van die brug.

 
 
 

Viewed: 1142

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT