ADVERTISEMENT:

 

 
 

Dwelm-drama nog lank nie verby

Date: 15 August 2014 By: Isabel Venter

Die stof het nog nie gaan lê na die dwelmdrama by Hoërskool Louis Trichardt nie.

Ouers van die skool was ontstoke nadat die polisie op 25 Julie ‘n blitsklopjag by die skool uitgevoer het en 15 leerlinge gearresteer is. Van dié, het 14 leerlinge positief getoets vir verskeie verbode middels. Nog ‘n leerling is gearresteer, nie omdat hy positief getoets het vir dwelms nie, maar omdat ‘n knipmes in sy besit gevind is.

Al 15 kinders is aangekla. Die 14 wat positief getoets het vir dwelms, is aangekla van die onwettige besit van narkotika, terwyl die leerling met die knipmes aangekla is van die besit van ‘n gevaarlike wapen. Die leerlinge se ouderdomme wissel tussen 15 en 18 jaar oud. Nie hulle name of toetsuitslae mag bekend gemaak word nie. Die koerant verneem ook verder dat ‘n leerling se toetsuitslae geag word as die besit van narkotika, ongeag of hulle fisies dwelms in hul besit gehad het.

Die leerlinge het Maandag vlugtig in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn, waar ‘n datum vir ‘n afwentelingprogram vasgestel is. Dit is ‘n program waarin die kinders hulp van ‘n maatskaplike werker ontvang oor hoe om sosiale druk te hanteer en attent gemaak word op die gevaar wat dwelms inhou. Ná voltooiing van dié program sal die kinders nie meer ‘n kriminele rekord hê nie, maar hulle sal outomaties weer getoets word in volgende dwelmklopjagte by die skool.

Daar was een leerling wat onskuldig gepleit het op die klagte van besit van narkotika. Dié leerling sal weer op 26 Oktober in die hof moet verskyn.

 

Lees ook:

08 Augustus 2014 - Hierdie kinders se regte is nie geskend nie

 
 
 

Viewed: 254

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT