ADVERTISEMENT:

 

 
 

Ambulanspersoneel behandel die vier werkers van die Department van Gesondheid op die ongelukstoneel verlede Donderdagaand, sowat 5km buite Makhao (Louis Trichardt).

Vier gelukkig om te leef ná botsing met beeste

Date: 10 April 2014 By: Isabel Venter

Vier werknemers van die Departement van Gesondheid het ternouernood aan die dood ontkom in ‘n botsing met beeste op die N1-suid verlede week.

Dié ongeluk het verlede Donderdag, 3 April, plaasgevind sowat 5km buite die dorp. Die werkers was glo op pad na Polokwane, nadat hulle hier in en om Makhado (Louis Trichardt) gewerk het vir die dag. Ten tye van die ongeluk was dit al goed skemer, wat veroorsaak het dat die bestuurder nie ‘n klein trop beeste op die N1 betyds raakgesien het nie.

Die bakkie waarmee die werkers op pad was, het tromp-op met twee beeste gebots - een dragtige koei en een jong kalf.

Nie een van die bakkie se insittendes is ernstig beseer nie, en hulle is op die ongelukstoneel deur ambulanspersoneel behandel vir sny- en skraapwonde, voordat hulle oorgeplaas is na onderskeidelik die Elim en die Louis Trichardt Gedenkhospitaal.

Die boer aan wie die beeste behoort het, het vandeesweek gesê dat sy beeste uitgekom het nadat die hek van sy grond vermoedelik oopgelaat is deur besope mense wat op die buurgrond gekuier het. Volgens die boer, wat nie geïdentifiseer wil word nie, is dit ‘n kopseer om te boer op ‘n plaas wat aan die N1 grens.

Buiten vir mense wat plaashekke ooplos, het die boer gesê, sukkel hy ook met drade en hekke wat afgesteel word. Hierdie diefstalle is glo aangemeld by die plaaslike polisie, sonder dat daar iets van kom. “Wat moet mens maak? Jy maak die hekke toe elke aand, en gaan jaag maar weer die beeste terug as hulle uitgekom het op die pad. Ongelukkig het die mense nou in my beeste vasgery en daaroor voel ek baie sleg,” het die boer gesê.

Self het die boer ook ‘n groot verlies gely. Die kalf wat raakgery is, is op die toneel dood. Die dragtige koei moes uitgesit word.

 
 
 

Viewed: 257

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT