ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hanglip lok weer ´n vol veld

Date: 08 July 2011 By: 

Oudergewoonte sal daar weer vanjaar ´n vol veld van 128 spelers aan die Soutpansberg Gholfklub se uiters gewilde Hanglip 54-toernooi kom deelneem.

Die toernooi, wat oor drie dae sal strek, is Woensdag voorafgegaan met die klub se tradisionele "perdeveiling". Plaaslike spelers word tydens hierdie veiling opgeveil en, afhangende van hul prestasie tydens die toernooi, ontvang die koper die grootste deel van die prysgeld, terwyl ´n deel daarvan aan die klub sal gaan.

Die Hanglip 54-toernooi lok jaarliks spelers van regoor die hele land en hierdie jaar is geen uitsondering met spelers van so ver as Kaapstad.

Groot moeite word elke jaar gedoen met die organisasie van die toernooi wat vanjaar weer moontlik is danksy die hoofborge. Donderdag se spel word vanjaar weer geborg deur die Makhado Munisipaliteit. Coca-Cola Fortune Louis Trichardt en die Suid-Afrikaanse Brouerye is die hoofborge vir die tweede dag se spel, terwyl die dorp se sakemanne Saterdag se spel sal borg. Elke dag se spel sal afgesluit word met ‘n prysuitdelingsfunksie en aandete.

Elke dag se spel is in die formaat van ‘n beterbal Stableford, met een algehele wenner wat oor die drie dae aangewys sal word op grond van sy individuele Stableford-telling.

 
 
 

Viewed: 528

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT