ADVERTISEMENT:

 

 
 

Na afloop van die diefstal by 'n boorgat op die Rietvleiplotte het kontrakteur Liano Viviers van Polokwane gesê dat hy nie weer pompe en motors deur diefstal wil verloor nie. Daarom gaan die elektrifisering en sekuriteit eers afgehandel word voordat hy pompe gaan installeer.

Een vas ná hy by watertenk begin lol

Date: 04 April 2014 By: Linda van der Westhuizen

Sekuriteit by Makhado (Louis Trichardt) se munisipale boorgate is ‘n belangrike faktor in die voorsiening van water aan die dorp en Tshikota.

Terwyl die diewe wat twee monopompe en twee motors by een van die boorgate op die Rietvleiplotte voorverlede week gesteel het nog op vrye voet is, is ‘n man by Tenk A naby die munisipale begraafplaas gevang.

“Saterdagoggend is ‘n persoon op heterdaad betrap terwyl hy ‘n watertenk naby die begraafplaas wou vandaliseer. Die dief is ‘n man van Tshikota en hy is tans in aanhouding,” het die kommunikasiebeampte van die Vhembe Distriksmunisipaliteit, mnr. Moses Shibambu, gesê. Shibambu het ook die plaaslike AfriForum voorsitter, mnr. Wally Schultz, bedank . “Die arrestasie van die dief is die gevolg van Schultz se skakeling met die polisie in verband met die monitering van die dorp se boorgate,” het Shibambu gesê. Schultz het onder meer met polisie takbevelvoerder Nemavhole geskakel en haar baie behulpsaam gevind.

Vhembe se Makhado waterdienstebestuurder, mnr. David Mukosi, het bevestig dat die diefstal by Tenk A omstreeks 04:00 op 29 Maart plaasgevind het en dat kabels beskadig is. “Die kabels vanaf die transformator is reeds herstel en een pomp is tans weer in werking,” het Mukosi gesê. Hy het bygevoeg dat ‘n saaknommer aan die sekuriteitsmaatskappy DRS verskaf is.

Schultz het gesê dat AfriForum hoop dat die SAPD Makhado inligting by die verdagte sal kry wat kan lei tot die persone wat die gesteelde goedere aankoop. “Ons hoop dat dit kan lei tot die uiteindelike vastrek van die meesterbrein agter die herhaalde diefstalle by die boorgate. Dit lyk na die werk van ‘n georganiseerde sindikaat wat gewoond geraak het daaraan dat die boorgate maklike teikens is. AfriForum het ‘n eis gestel wat die Vhembe munisipale bestuurder aanvaar het, dat sekuriteit ten volle in werking moet wees voordat die boorgate oorhandig word en dat die sekuriteitskontrakteur toestem om die koste van diefstal of vandalisme by die boorgate te dra. Die sekuriteit is aan Belta toegeken,” het Schultz gesê.

Intussen is die sogenaamde “Woodstock” boorgat reeds operasioneel. Hierdie boorgat pomp na die Berghstraat reservoir, wat Saterdag reeds op 90% gestaan het.

Die beton pomphuis op die Rietvleiplotte waar bogenoemde diefstal plaasgevind het, is herstel. Die diewe het ‘n gat in die betonmuur geslaan, waarna die diefstal plaasgevind het.  Die skade het R70 000 beloop. Kontrakteur Liano Viviers van Polokwane het gesê dat hy hierdie week ‘n goedgekeurde elektrisiën saambring om die elektrifisering te doen, waarna sekuriteit onmiddellik in plek moet kom by die pomphuis. “Eers daarna sal ek weer pompe installeer. Ek gaan nie weer pompe verloor nie,” het Viviers gesê.

 
 
 

Viewed: 265

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT