ADVERTISEMENT:

 

 
 

Welkom in die wilde, wilde noorde

Date: 03 October 2003 By: 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Standard Bank het Dinsdag die jongste slagoffer geword van 'n reeks gewaagde gewapende rooftogte waarin sowat R200 000 gebuit is.

Die dorp gaan tans gebuk onder 'n vlaag gewapende rooftogte en in hierdie stadium blyk dit 'n heel lonende besigheid te wees, syne bitter min van die rowers ooit vasgetrek word. Dit is veral duidelik as daar geluister word na die uitspraak van prof. Neels Moolman in verlede Sondag se uitsending van Fokus op SABC 2. Prof. Moolman, as lid van die Kommissie oor Plaasaanvalle, is gevra om kommentaar te lewer oor die bevindinge in die verslag oor plaasaanvalle en plaasmoorde. Tydens dié onderhoud het hy genoem dat die regstelsels letterlik besig is om in mekaar te stort en dat 90% van misdadigers in hierdie stadium sal wegkom met hul misdrywe.

Gewapende rooftogte geskied tans op 'n byna weeklikse basis op Louis Trichardt. Feitlik presies 'n maand gelede het Nedbank deurgeloop, toe vyf gewapende mans die bank binnegestorm het, en minute later met sowat R300 000 op die vlug geslaan het. Dit is egter nie net banke wat deurloop nie, maar ook privaat besighede.

Die roof Dinsdag by Standard Bank, op die hoek van Erasmus- en Kroghstraat, is weer uitgevoer deur vyf mans. Die mans het omstreeks 10:00 die bank heel ongemerk binnegestap en oomblikke later wapens uitgepluk. Verskeie personeellede is aangerand, waarna bankpersoneel beveel is om die sekuriteitsdeur na die tellers oop te sluit. Die hele roof het tussen twee en drie minute geduur, waarna die mans op die vlug geslaan het.

'n Paar uur na die roof is een van die voertuie opgespoor wat deur die rowers gebruik is, op 'n oop stuk erf sowat twee blokke vanaf die bank. Volgens 'n woordvoerder van die Ernstige Geweldsmisdaad Eenheid, is die voertuig Maandag op Booysens aan die Rand gesteel.

"Dit is duidelik dat die mans weet wat hulle doen. Hulle doen dit vir 'n lewe," het die woordvoerder opgemerk.

Teen druktyd was dit nie seker of enige verdagtes is die saak aangekeer is nie.

 
 
 

Viewed: 1061

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT