ADVERTISEMENT:

 

 
 

Ons veg al drie jaar kaalvuis vir hulp"

Date: 03 October 2003 By: 

"Ons veg al drie jaar lank kaalvuis vir hulp" Met hierdie woorde het mnr. Herman de Jager, seun van die vermoorde mnr. Piet de Jager, die simpatie-betuiging van die LUR vir Veiligheid en Sekuriteit, Me. Dikeledi Magadzi, Maandag begroet.

Me. Magadzi en verskeie ander hooggeplaastes het die De Jager-woning op Levubu besoek om meegevoel te betuig met die gesin. Me. Magadzi het erken dat owerheidsoptrede opvallend tekort skiet en gesê dat sy persoonlik verantwoordelikheid aanvaar om dinge te help verander.

Tydens 'n voorafgaande vergadering by die Levubu Polisiekantoor, het die huidige voorsitter van die Levubu Gemeenskapspolisieringsforum (GPF) mnr. Anton Weyers, die LUR meegedeel dat hy as voorsitter nie kan waarborg wat die reaksie van die gemeenskap sal wees as daar nog een enkele plaasaanval voorkom nie. "Vir etlike jare al is ons besig om na die owerheid uit te roep om ons hande te sterk in ons volgehoue pogings om onsself te verdedig. Ons deelname aan amptelike strukture het van ons teikens gemaak. Ons het die lojale, professionele insette en medewerking van die polisie en owerhede nodig," het hy gesê.

 
 
 

Viewed: 699

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT