ADVERTISEMENT:

 

 
 

Nog 'n plaasmoord ruk Levubu

Date: 03 October 2003 By: 

LEVUBU - Die bloed van nog 'n prominente lid van die plaaslike boerderygemeenskap is die afgelope naweek gestort, met die sinnelose aanval en moord op die 65-jarige mnr. Piet de Jager van die plaas Laatsgevonden.

Mnr. De Jager is omstreeks 11:00 deur 'n groep van vyf gewapende mans op sy plaas oorval en geskiet, kort nadat hy by sy huis uitgestap het om 'n pomp te gaan afskakel. Hy is onderskeidelik in die bors en kop geskiet.

Was dit nie vir sy waarskuwingsroep, wat hy letterlik met sy laaste asem geuiter het nie, kon ook sy vrou, Lenie, en twee van sy kleinkinders in die aanval omgekom het.

Mev. De Jager (60) vertel dat na sy die skote gehoor het, sy gehoor het hoe haar man skreeu. In daardie stadium was sy buite die huis. Sy was onseker wat presies aangaan, maar het besef daar is moeilikheid toe sy sien hoe die gewapende mans op haar afstorm. Sy het by die kombuisdeur ingehardloop, dit gesluit en die twee kinders beveel om hulle in die kamer te gaan toesluit. Die mans het die deur probeer oop forseer. Gelukkig het hulle nie agtergekom die voordeur staan oop nie. Intussen het mev. De Jager haar seun, Herman, ontbied, wat minute later opgedaag het.

"Ek het gedink aan Johan de Wilde en oom Frans Wagner wat beide hul aanvalle oorleef het. Ek het gesoek na waar my pa vir my wag, maar toe ek sien hy lê op sy maag met sy gesig in die grond, het ek geweet dit is baie ernstiger. Ek het hom omgedraai en ek kon sien hy wou vir my iets sê. Hy is egter kort daarna in my arms dood," het 'n uiters bedroefde mnr. De Jager (jr.) Maandag vertel. Teen druktyd is nog niemand in verband met die voorval aangekeer nie.

 
 
 

Viewed: 1074

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT