ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Soutpansberg Muurbalklub se kampioene vir 2016 is voor, van links na regs, Ilene Rivabella-Kruger (vrouekampioen naaswenner) en Ronel Welman (vrouekampioen). Agter is Dawie Kruger (mans-plaatwenner), Ryno Gerber (voorsitter 2016) en  Hannes Spies (manskampioen). Foto verskaf.

Muurbalklub sluit moeilike jaar op ‘n hoë noot af

Date: 15 December 2016 By: Isabel Venter

Ten spyte van ‘n moeilike 2016 kon die Soutpansberg Muurbalkklub steeds daarin slaag om hul jaar op ‘n hoë noot af te sluit.

Die klub is gedurende die jaar geteister deur boosdoeners wat vier keer by hul klubhuis ingebreek het. Hierna was daar ook die aankondiging dat die klub moontlik sal moet hervestig om plek te maak vir die ontwikkeling van die Makhado Crossing-kompleks.

Klublede is egter positief, en daar is opwindende nuwe vooruitsigte vir die nuwe jaar. Van hierdie planne is verlede Woensdag, 7 Desember, bespreek tydens die klub se algemene jaarvergadering.  ‘n Groot muurbalbewusmakingspoging is in die pyplyn, met ‘n Facebook-blad en ‘n webblad wat onder andere beplan word.

Verder het Woensdagaand se vergadering ook gedien as die klub se jaarlikse prysuitdeling om hul top spelers vir 2016 te vereer, nadat die klubkampioenskappe in November afgehandel is.

Die mansfinaal is beslis tussen Bertus Guillaume en Hannes Spies, met Hannes wat in ‘n titaniese 5-stel stryd daarin geslaag het om te wen. Die plaatwenner was Dawie Kruger. Ronel Welman is gekroon as 2016 se vrouekampioen, met Ilene Rivabella-Kruger wat die naaswenner.

Ná afloop van hul funksie het die klub se bestuur ook van die geleentheid gebruik gemaak om elke besigheid en individuele persoon te bedank wat die klub ondersteun het met donasies, advertensies en borgskappe.

 
 
 

Viewed: 1169

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Verlede Woensdag het die Soutpansberg Muurbalkklub hul nuwe bestuurskomittee vir 2017 aangekondig. Hulle is voor, van links na regs, Ilene Rivabella-Kruger, Ronel Welman en Charl-Marie Barnard. Agter is Dawie Kruger en Nardus Barnard. Afwesig tydens die neem van die foto was Christian Mocke. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT