ADVERTISEMENT:

 

 
 

‘n Wenspan … Hoërskool Eric Louw se O/16-rugbyspan, oftewel die Tiere, afgeneem na hul 15-13 oorwinning oor Steelcrest om vir hulle ‘n plek te verseker in die kwarteindstryd van die Beeld-trofee.Foto verskaf.

Louwtjie-spanne in Beeld-kwartfinaal

Date: 06 August 2015 By: Andries van Zyl

Hoërskool Eric Louw se O/16-rugbyspan het Saterdag, 1 Augustus, in hul kragmeting teen Steelcrest van Middelburg, vir ‘n plek in die kwartfinaal van die Beeld-trofee, nie hul skool en ondersteuners teleurgestel nie.

Dit was ‘n naelbytstryd tussen Louwtjies se Tiere, soos wat hul O/16’s bekendstaan, en Steelcrest op Louwtjies se tuisveld.

Steelcrest het eerste punte aangeteken, nadat hulle daarin kon slaag om deur die verbete verdediging van die Tiere te breek. Die Tiere het egter teruggeveg, met die wenpunte wat in die doodsnikke van die wedstryd aangeteken is. Hul oorwinning was te danke aan Chase Trollope wat in die laaste drie minute van die wedstryd ‘n pragdrie gaan druk het om die eindtelling op 15-13 in die Tiere se guns te beslis. Die Tiere se ander driedrukkers was Jan-Karel Limbach en Noko Munyai.

Die Tiere sal nou in die kwarteindstrydl van die Beeld-trofee te staan kom teen Hoërskool Carltonville. Dié wedstryd sal ook op die Tiere se tuisveld beslis word op Saterdag, 8 Augustus, om 10:00. Intussen speel Eric Louw se eerstespan, die Rooikatte, ook in die kwarteindstryd. Hul wedstryd skop af direk na die Tiere se wedstryd om 11:30.

Die skool doen ‘n beroep op die hele gemeenskap om hulle te kom ondersteun. “Dit is ‘n fantastiese prestasie dat twee van Eric Louw se rugbyspanne, onder die bekwame leiding van die rugbyorganiseerder van die skool, mnr. Sakkie Vermeulen, deurgedring het na die kwarteindstryd,” sê die skool.

 
 
 

Viewed: 924

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT